Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Gesondheid
Wes-Kaap wys presies wáár sy koronavirus-gevalle is

Die meeste koronavirus-gevalle in die Kaapstadse metropool kan toegeskryf word aan werkers wat gedurende die staat van inperking voortgegaan het om noodsaaklike dienste te lewer en die virus dan na hul gemeenskappe teruggeneem het.

En dié gemeenskappe is meestal van die armstes in die metropool.

Die Wes-Kaapse regering het Woensdag statistieke bekend gemaak van presies hoe die koronavirus-verspreiding in die provinsie lyk.

wes-kaap, dashboard, covid-19
Die Wes-Kaap het 'n elektroniese kaart en data oor gevalle wat deurgaans opdateer word. Foto: https://coronavirus.westerncape.gov.za/covid-19-dashboard

Hiervolgens is die kwelpunte in die metro-gesondheidsdistrikte Tygerberg, Khayelitsha, Klipfontein, asook die Westelike en Suidelike distrikte.

Die brandpunte in elke distrik is egter kleiner gebiede met ’n groot voorkoms van besmetting:

Westelike distrik: Hier loop veral Dunoon deur, en in ’n mindere mate Burgundy Estate.

Tygerberg: Elsiesrivier het in dié distrik die meeste gevalle, daarna die Bellville-stadskern gevolg deur Delft, Eindhoven en Goodwood.

Khayelitsha: Een van die dele in die metro met die meeste gevalle is in dié digbevolkte woonbuurt en veral tussen Palmastraat en die N2.

Klipfontein: Heideveld, Guguletu en Nyanga is in dié streek groot brandpunte waar die virus versprei.

Houtbaai: Die groot kerngebied is by Imizamo Yethu en daar is ook ’n kleiner kerngebied in Houtbaai Heights.

Dr. Keith Cloete, hoof van die Wes-Kaapse departement van gesondheid, het Woensdag op ’n mediakonferensie gesê die pandemie groei vinnig in die metrogebied met meegaande toenames in mense wat gehospitaliseer word en sterf.

Cloete sê daar is baie gevalle wat nie in die amptelike data weerspieël word nie. En weens die beperkte toetsvermoë van die departement van gesondheid se laboratoriums sal daar al meer gevalle wees wat nie amptelik aangeteken word nie.

Hieronder volg van die statistieke wat die Wes-Kaapse regering Woensdag beskikbaar gestel het. Hou in gedagte dat dit teen daardie tyd net 70% tot 80% volledig sou wees.

Woonbuurte en wyke met meer as 100 gevalle:

Guguletu 350, Khayelitsha 319, Nyanga 222, Leiden (Delft) 219, Langa 186, Philippi 185, Mfuleni 184, Delft (Suid) 146, Masiphumelele 144, Dunoon 139, Weltevreden Vallei 135, Kruispad 125, Harare 114, Kuyasa 114, Delft 101.

Woonbuurte en wyke in Wes-Kaapse dorpe (uitgesluit die Kaapstadse metropool) met drie en meer aangetekende gevalle:

Nduli (Ceres) 91, Bella Vista (Ceres) 33, Kayamandi (Stellenbosch) 14, Zweletemba (Worcester) 14, Witzenville (Tulbagh) 13, Ceres 21, Porterville 13, Wellington 11, Stellenbosch (Sentraal) 9, Stellenbosch 8, Caledon 7, Paarl 7, Plettenbergbaai 7, Prince Alfred Hamlet 7, Witsand 7, Worcester (Sentraal) 7, Tulbagh 6, Darling 5, Grabouw 5, Malmesbury 5,

Mosselbaai 4, Oudtshoorn 4, Paarl (Sentraal-Wes) 4, Swellendam 4, Klein-Brakrivier 3, Knysna 3, Saldanha 3, Velddrif 3.

Woonbuurte en wyke in die Kaapstadse metropool met meer as 50 aangetekende gevalle:

Browns Farms 97, Wallacedene 84, Manenberg 83, Lentegeur 82, Bishop Lavis 81, Ilitha Park 81, Bloekombos 78, Mandela Park 73, Mandalay 57, Gatesville 56, De La Haye 55, Ravensmead 53, Tafelsig 51.

Woonbuurte en wyke in die Kaapstadse metropool met meer as 30 aangetekende gevalle:

Lotusrivier 49, Wynberg 47, Portland 45, Eyethu 44, Grassy Park 43, Hanover Park 43, Ikwezi Park 42, Bonteheuwel 40, Eersterivier 40, Macassar 40, Parow 39, Fisantekraal 38, Voorbrug 38, Vredehoek 38, Imizamo Yethu 36, Kenilworth 36, Retreat 36, Rylands 36, Wesbank 36, Nonqubela (Robertson) 36, Belhar 35, Bridgetown 35, Rondebosch 35, Scottsdene 35, Bellville (Suid) 34, Heideveld 34, Mbekweni 34, Parklands 34, Beacon Valley 33, Capricorn 32, Rocklands 32, Roosendal 31, Woodstock 31, Matroosfontein 30, Pinelands 30.

Woonbuurte en wyke in die Kaapstadse metropool met meer as 20 aangetekende gevalle:

Maitland 29, New Rest 29, Observatory 29, Scottsville 29, Strandfontein 29, Woodlands 28, Bellville (Sentraal) 27,

Claremont 27, Lwandle 27, Uitsig 27, Westridge 27, Eastridge 26, Groenpunt 25, Houtbaai 25, Ocean View 25, Tuine 24, Kalkfontein 24, Rondebosch (Oos) 24, Endlovini 23, Plumstead 23, Ruyterwacht 23, Bellville 22, Fresnaye 22, Lansdowne 22, Milnerton 22, Nuweland 22, Kaapstad (Middestad) 21, Griffiths Mxenge 21, Seepunt 21, Surrey 21, Valhalla Park 21, Heinz Park 20, Malibu Village 20, Sunnydale 20, Athlone 19, Balvenie 19, Devon Park 19, Vishoek 19, Silvertown 19, Somerset-Wes 19, The Hague 19, Trevor Vilakazi 19, Victoria Mxenge 19, Ottery 18, Parowvallei 18, Steenberg 18, Strand 18, Belmont Park 17, Boston 17, Kensington 17, Oranjezicht 17, Soutrivier 17, Schotschekloof 17, Summer Greens 17, Brooklyn 16, Forest Village 16, Groenheuwel 16, Kraaifontein 16, Muizenberg 16, Rosebank 16, Sarepta 16, Asanda 15, Bothasig 15, Cravenby 15, Eureka Estate 15, Heather Park 15, Saxonsea 15, Montana 14, New Woodlands 14, Parkwood 14, Protea Heights 14, Avondale 13, Belgravia 13, Bongweni 13, Kampsbaai 13, Century City 13, Leonsdale 13, Nomzamo (Strand) 13, Robinvale 13, Burgundy 12, Crawford 12, Joe Slovo Park 12, Kanana 12, Kewtown 12, Kuilsrivier 12, Northpine 12, Rusthof 12, Weltevreden Valley 12, Barcelona 11, Bernadino Heights 11, Beverly Park 11, Connaught 11, Ekuphumleni 11,Table View 11, Townsend Estate 11, Beach Estate 10, Edgemead 10, Eikendal 10, Highbury Park 10, Kleinvlei 10, Norwood 10, Parow (Oos) 10, Salberau 10, Westlake 10, Zonnebloem 10.

Meer oor:  Koronavirus  |  Wes-Kaap  |  Brandpunte  |  Covid-19
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.