Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Gesondheid
WGO-app gee jongste wêreld-TB-syfers

Die Wêreldgesondheidsorganisasie (WGO) het ’n nuwe weergawe van sy selfoon-app bekend gestel.

Dit bevat nuwe funksies, en die jongste statistieke wat in die organisasie se 2020-wêreldverslag oor tuberkulose vervat is, is daarop te kry.

Gebruikers kan maklik streke se syfers vergelyk vir die 215 lande se inligting wat beskikbaar is.

Die app laat gebruikers toe om groepe van lande te skep waarvoor die app dan outomaties inligting gee.

Dit is gratis beskikbaar vir iOS- en Android-gebruikers en kan met of sonder ’n internetverbinding werk.


Persentasie van wêreldbevolkings wat aan TB ly

44% in Suidoos-Asië

25% in Afrika

18% in die westelike Stille Oseaan-eilande

8,2% in die Oos-Mediterreense streek

2,9% in Noord- en Suid-Amerika

2,5% in Europa

Kassie:

Vinnige feite volgens die app

• Slegs 38% van mense met tuberkulose wêreldwyd ontvang behandeling vir die siekte;

• Sowat die helfte van die wêreld se tuberkulose-gevalle is in Rusland, China en Indië.

• Twee derdes van die wêreld se gevalle kom in net agt lande voor: Indië, Indonesië, China, die Filippynse eilande, Pakistan, Nigerië, Bangladesj en Suid-Afrika.

• Sowat 10 miljoen mense het in 2019 tuberkulose opgedoen. Daarvan is 7,1 miljoen se siekte gediagnoseer.

• 56% van die gevalle is mans van ouer as 15, 32% vroue ouer as 15, en 12% is kinders onder 15.


MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.