Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Gesondheid
WGO wil sy eie hantering van pandemie bekyk

Die Wêreldgesondheidsorganisasie (WGO) het Donderdag gesê hy gaan ’n onafhanklike paneel op die been bring om sy hantering van die Covid-19-pandemie en wêreldregerings se reaksie daarop, te hersien.

Tedros Adhanom Ghebreyesus, direkteur-generaal van die WGO. Foto: Reuters

Die aankondiging volg op hewige kritiek deur die Amerikaanse president, Donald Trump, wat die WGO daarvan beskuldig het dat hy “China-sentries” is, en nadat hy Amerika se lidmaatskap van die organisasie gekanselleer het.

Helen Clark, voormalige premier van Nieu-Seeland, en Ellen Johnson-Sirleaf, voormalige Liberiese president, het ingestem om aan die hoof van die paneel te staan, het Tedros Adhanom Ghebreyesus, direkteur-generaal van die WGO, Donderdag gesê.

“Die omvang van hierdie pandemie, wat feitlik almal in die wêreld raak, verdien ooglopend ’n ewewigtige en eerlike evaluering,” het hy op ’n virtuele vergadering met verteenwoordigers van die WGO se 194 lidlande gesê.

Die medevoorsitters sal die ander paneellede kies, het hy gesê. Die paneel sal dan ’n tussentydse verslag in November aan die jaarvergadering van ministers van gesondheid voorlê, asook ’n “substantiewe verslag” in Mei aanstaande jaar.

“Dit is nie ’n gewone verslag wat ’n boksie afmerk en dan op ’n rak gesit word om stof te vergaar nie. Dit is iets wat ons ernstig opneem,” het hy gesê.

Clark het Donderdag in reaksie op die sameroeping van die paneel gesê die opdrag is “buitengewoon uitdagend”.

Johnson-Sirleaf, wie se land erg deur die Ebola-epidemie van 2014 tot 2016 geraak is, het gesê dat sy uitsien “om alles in ons vermoë te doen om te reageer” op die uitdagings van die pandemie. - Reuters

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.