Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Gesondheid
Wuhan se verlate strate ‘lyk soos 'n wegraping’

“Dit lyk amper soos die wederkoms,” sê ’n Suid-Afrikaner oor die Chinese stad Wuhan, die episentrum van die gevreesde koronavirus.

Savannah-Lee de Lange, wat in dié stad skoolhou, sê die mense daar word aangeraai om binnenshuis te bly. Alle openbare vervoer is gestaak.

Daar is niemand in die strate nie – geen karre en geen mense nie. Hier stap wel mense met spesiale pakke wat die gebied patrolleer en kyk dat mense maskers dra,

“Daar is niemand in die strate nie – geen karre en geen mense nie. Hier stap wel mense met spesiale pakke wat die gebied patrolleer en kyk dat mense maskers dra,” sê De Lange.

Boonop word die Chinese Nuwejaar vandeesweek gevier, en baie mense wat met verlof is, moes hul reisplanne kanselleer. De Lange sou juis vandeesweek Suid-Afrika toe vlieg om te kom kuier, maar sy sit nou steeds in Wuhan.

“Weens die Chinese Nuwejaar is amper alle winkels gesluit. Ek het nie vooraf kos gekoop nie omdat ek nie beplan het om te bly nie. Nou eet ek maar gevriesde en blikkieskos en noedels,” sê De Lange. Sy het intussen vrede gemaak met die feit dat sy nie meer na Suid-Afrika kan kom nie.

Minstens 41 mense is reeds weens die virus dood en meer as 1 000, hoofsaaklik van China, is besmet. Enkele gevalle is ook in verskeie ander lande aangemeld. Die eerste pasiënt is op 31 Desember gediagnoseer.

China Global Television Network, China se openbare uitsaaier, het Saterdag op Twitter berig China se gesondheidskommissie sal 1 230 bykomende mediese personeellede stuur na die Hubei-provinsie, waar Wuhan geleë is.

Ander plekke in China word ook deur die uitbreek van die virus ontwrig.

’n Suid-Afrikaner wat sowat 750 km van Wuhan in Hangzhou woon, waar nog geen sterftes aangemeld is nie, sê mense daar dra ook maskers.

Marianke Saayman, ’n Suid-Afrikaner wat tans in Hangzhou, China, skoolhou. In die foto dra sy die masker wat mense aangeraai word om te dra. Sy staan op haar balkon met ’n uitsig oor Hangzhou.

Marianke Saayman, ’n voormalige joernalis wat tans daar skoolhou, sê die meeste mense het hul reisplanne gekanselleer omdat hulle aangeraai word om nie van die openbare vervoerstelsels gebruik te maak nie.

“Ons bly maar by die huis,” sê Saayman.

Sy sê hoewel sy en haar kêrel nog nie te bekommerd oor die uitbraak is nie, bly hulle versigtig. Sy meen die media ruk die situasie effe uit verband.

“Daar is nog net sowat 40 mense dood. In Wuhan, waar die virus ontstaan het, woon miljoene mense. Die meeste mense wat weens die virus sterf, is ouer mense of hulle het reeds die een of ander siektetoestand gehad,” sê sy.

Die departement van internasionale betrekkinge en samewerking het alle navrae verwys na die departement van gesondheid- en binnelandse sake, wat nie vir kommentaar bereik kon word nie.

Die Nasionale Instituut vir Oordraagbare Siektes (Nios) het vroeër aan Netwerk24 gesê die kanse is skraal dat die virus na Suid-Afrika sal versprei.

* Die berig is aangepas sedert dit die eerste keer gepubliseer is.

Meer oor:  Marianke Saayman  |  Wuhan  |  Koronavirus
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.