Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Gesondheid
Wuhan-virus: 132 mense nou al dood

Die dodetal in China het Woensdag tot 132 gestyg weens die nuwe 2019-koronavirus, nadat die dodetal Dinsdag op 106 gestaan het, terwyl minstens 1 500 nuwe gevalle van mense wat die virus opgedoen het, aangemeld is.

China se gesondheidskommissie het Woensdag gesê die dodetal het sedert Dinsdag met 26 gestyg, terwyl 5 974 mense nou die virus opgedoen het.

Dié dodelike virus het einde 2019 in Sentraal-China in die stad Wuhan in die Hubei-provinsie uitgebreek, vermoedelik by ’n markie weens die onwettige handeldryf in wild en seekos. Dit staan as die 2019nCov of die Wuhan-virus bekend.

Dié griepagtige virus word deur menslike kontak versprei en dit gebeur nog voordat simptome voorkom. Dit kan longontsteking veroorsaak met simptome wat koors en moeilike asemhaling insluit.

Talle lande is tans besig om hul burgers uit Wuhan te probeer ontruim, terwyl ’n senior amptenaar in die Amerikaanse regering gesê het een van hul vliegtuie het reeds Woensdag uit Wuhan vertrek. Die Withuis het ook daagliks begin vergader om die uitbreking van die virus te bespreek en om vlugte uit China te monitor.

Bronne sê daar is in ’n stadium oorweeg om vlugte tussen Amerika en China op te skort, maar daar is daarteen besluit.

Nuwe gevalle van die virus is aangemeld sedert dit aanvanklik in Hongkong, Macau, Taiwan, Thailand, Amerika, Australië, Kanada, Frankryk, Japan, Maleisië, Nepal, Singapoer, Suid-Korea en Viëtnam aangemeld is. Gevalle is nou ook in Duitsland en die Ivoorkus aangemeld.

Duitsland het intussen gesê vier mense van dieselfde maatskappy het die virus opgedoen nadat slegs een van die vier in China was. Die geval in Duitsland wek weer kommer dat die virus nie net deur menslike kontak versprei word nie, maar dat dit ook deur die lug kan oorgedra word indien iemand hoes of nies.

Soos Dinsdag berig, het ’n persoon in Japan wat nog nooit sy voete in Wuhan gesit het nie die virus opgedoen.

Australië het intussen aangebied om inwoners te help om die Hubei-provinsie te verlaat en die mense op hul Kerseiland, suid van Java, Indonesië, te huisves.

Die Wêreldgesondheidsorganisasie het verlede week gesê hy beskou die virus nog nie as ’n wêreldwye krisis nie. Reuters

Die dodetal in China het sedert Dinsdag met 26 toegeneem. Foto: Reuters


Meer oor:  Koronavirus
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.