Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Haal God uit skole
Gegriefdes vra hof om in te gryp;Godsdiens skend kinderregte
’n Organisasie vra die hooggeregshof in Johannesburg om ses skole te verbied om hulself onder meer Christenskole te noem, leerlinge toe te laat om Christelike liedere te sing en Christelike waardes en norme voor te staan.
’n Organisasie vra die hooggeregshof in Johannesburg om ses skole te verbied om hulself onder meer Christenskole te noem, leerlinge toe te laat om Christelike liedere te sing en Christelike waardes en norme voor te staan.
Hans Pietersen, voorsitter van die organisasie wat die ses skole hof toe sleep. Foto: Herman Verwey
Dit is ongrondwetlik vir enige openbare skool soos omskryf in die Skolewet om een geloof uit te sonder en voor te staan.
Die hofstukke

Hans Pietersen sê in hofstukke sy hofaansoek is hoegenaamd nie ’n heksejag op Christenskap of enige ander geloof nie, maar vir die beskerming van alle leerlinge se grondwetlike regte.

As voorsitter van die organisasie vir godsdiensonderrig en demokrasie vra Pietersen die hof om verskeie Christelike gebruike en verwysings by die ­Laerskool Randhart in Alberton, die Laerskool Baanbreker in Boksburg, die Laerskool Garsfontein in Pretoria, die Hoërskool Linden in Johannesburg, die Hoërskool Oudtshoorn en die Langenhoven Gimnasium in Oudtshoorn met ’n interdik te verbied en dit ongrondwetlik te verklaar.

Dié organisasie vra die hof om te verklaar dat die ministers van basiese onderwys en van justisie en korrektiewe dienste strydig optree met die nasionale beleid vir godsdiens en onderwys wat in September 2003 gepubliseer is.

In hofstukke word aangevoer dit is ongrondwetlik vir enige openbare skool soos omskryf in die Skolewet om een geloof uit te sonder en voor te staan tydens godsdiensaktiwiteite by die skool of om hulself met ’n geloof te vereenselwig.

Dit is ongrondwetlik om van enige leerling te verwag om direk of indirek aan te dui of hulle enige geloof voorstaan en indien wel, watter geloof of om inligting by te hou van watter gelowe ook al ondersteun word.

Dit is ook ongrondwetlik om leerlinge te isoleer op grond van die godsdienste wat hulle voorstaan.

Volgens Pietersen word daar weens dié gebruike in skole inbreuk gemaak op verskeie konstitusionele regte van leerlinge.

Dit sluit in hul reg op gelykheid omdat daar gediskrimineer word teen leerlinge op grond van hul geloofsoortuigings en kultuur; menswaardigheid omdat hulle gebrandmerk word as hulle nie deelneem aan godsdiensgebruike nie; vryheid en sekuriteit omdat dié leerlinge op ’n minderwaardige wyse behandel word wat hul psigologiese integriteit skaad; en geloofsvryheid.

Die organisasie voer aan die aansoek is in openbare belang, veral in belang van kinders.

Die aansoek raak elke openbare skool, ook die skole met ’n ander godsdienstige etos as dié van Christenskap. Sou die saak verder gevoer word, sal dit waarskynlik weens dit wat gevra word in die konstitusionele hof beland.

Sy lede, wat die getuienis vir die aansoek verskaf, is Afrikaanssprekendes wie se kinders in die onderskeie skole aan Christelike praktyke onderwerp is.

Volgens Pietersen vra die organisasie nie dat koste teen die skole in dié aansoek wat volgens hom in openbare belang is, toegestaan word nie. Die organisasie se regspan tree probono vir hulle op.

Paul Colditz, uitvoerende hoof van die Federasie van Beheerliggame van Suid-Afrikaanse Skole (Fedsas), het gesê hulle vergader Vrydag met die betrokke skole om te besluit of hulle die aansoek sal teenstaan en hoe dit gehanteer word. “Die aansoek raak elke openbare skool, ook die skole met ’n ander godsdienstige etos as dié van Christenskap. Sou die saak verder gevoer word, sal dit waarskynlik weens dit wat gevra word in die konstitusionele hof beland.” 

Laerskool Garsfontein

Die hof word gevra om die volgende Christelike gebruike by dié Pretoriase skool te verbied:

■ Opening van die skooldag met skriflesing en gebed;

■ Enige verwysing na die Drie-enige God in die skoollied;

■ Leerlinge in Christelike beginsels onderrig word as deel van die dissiplinêre beleid;

■ Gr. R-leerlinge vanuit ’n Christelike perspektief geleer word;

■ Toelaat dat verteenwoordigers van die program Jesus is Koning leerlinge in pouses toespreek;

  Met leerlinge te werk om te ontdek wat hul verhouding met Jesus is;

■  Verskaffing van Bybels aan leerlinge;

■ Te adverteer dat leerlinge hul harte vir die Here gegee het;

■ Van leerlinge te vereis om te bid en Christelike liedere te sing.

Laerskool Baanbreker

Die hof word gevra om die volgende Christelike gebruike by dié Boksburgse skool te verbied:

■ Die skool se missie wat binne ’n Christelike raamwerk opgestel is;

■ Die weeklikse instelling om Christelike liedere te sing;

■ Die uitdeel van Christelike boekies;

■ Die uitreik van T-hemde aan leiers met ’n Christelike kruis daarop;

■ Opening van skooldag met skriflesing en gebed; en

■  Sing van Christelike liedere.

Hoërskool Linden

Die hof word gevra om die volgende Christelike gebruike by dié Johannesburgse skool te verbied:

■ Erekode wat beloof om ’n Christelike God te eer;

■ Skriflesing, gebed en sang elke oggend by skoolopening;

■  Gebed in die klas aan die einde van die skooldag;

■ Daar is ’n vertrek by die skool waar mense kan gaan bid;

■ Bevordering dat leerlinge aan jeuggroepe behoort waarin hulle as Christene “voluit kan lewe”;

■ Adverteer homself as ’n Christen-skool;

■ Vereis dat leerlinge voor eksamens bid; en

■ Toelaat dat daar Christelike aktiwiteite, VSCV, by die skool aangebied word.

Laerskool Randhart, Alberton

Die hof word gevra om die volgende Christelike gebruike by dié skool te verbied:

■ Dat die skool homself adverteer as dat hy ’n Christelike skool is;

■ Homself voor te hou as ’n skool wat Christus eer in alles wat hy doen;

■ Van leerlinge verwag om Christenskap of die skool se Christelike karakter voor te staan;

■  Die “ongrondwetlike” skoolwapen wat die Drie-enige God simboliseer;

■ Die skool se “ongrondwetlike” leuse: “Ons Glo.”

■ Dat die skool homself adverteer as dat hy ’n Christelike skool is;

■ Homself voor te hou as ’n skool wat Christus eer in alles wat hy doen;

■ Van leerlinge verwag omChristenskap of die skool se Christelike karakter voor te staan;

■ Die “ongrondwetlike” skoolwapen wat die Drie-enige God simboliseer;

■ Die skool se “ongrondwetlike” leuse: “Ons Glo.”

Langenhoven Gimnasium

Die hof word gevra om die volgende Christelike ​gebruike by Langenhoven Gimnasium te verbied:

■ Dat sy onderrig ’n Christelike grondslag het;

■ Adverteer dat dit ’n Christelike skool is;

■ VCSV as deel van kulturele of sosiale aktiwiteite;

■ Bevordering van Christelike waardes onder leerders wat in koshuise woon;

■ Skooldag word geopen met skriflesing, lofsang en gebed;

■ Registeronderwysers open met skriflesing en gebed;

■ Elke skoolfunksie word geopen met skriflesing en gebed; 

  Sportspanne bid tot ’n Christelike God voor ’n wedstryd; en Om die skool is daar kruise en Bybelversies aangebring, en in die skool en die klaskamers is daar Bybelversies aangebring.

Hoërskool Oudtshoorn

Die hof word gevra dat die volgende Christelike gebruike by die Hoërskool Oudtshoorn verbied word:

  Bemark homself as ’n Christelike skool;

  Laat VCSV as kulturele aktiwiteit toe;

■ Skoollied verwys na ’n Christelike God;

  Vereis dat spelers voor en ná sportbyeenkomste bid;

  Vereis dat leerders Bybels op skoolkampe saamneem;

■  Skoolopening met skriflesing en gebed;

■  In registerklasse word daar met skriflesing en gebed geopen; en

■ Sportspanne bid tot ’n Christelike God voor wedstryde.

‘Aanval op elke skool se etos’

Ons is ’n skool wat staan vir ons Christelike waardes. Om vir ons te sê ons mag nie meer bid nie is ’n vreemde gevoel. Ons weet nie eens hoe ons in die hof­aansoek beland het nie. Ek sou dit verstaan het as ons ’n leerling (wat) teësinnig (was) gedwing het om aan iets deel te neem, maar ons het nie.

Die hofaansoek om ses skole wat Christelike waardes nastreef te verbied om dit te doen, is ’n “aanval op die etos” van elke openbare skool.

■ So het dr. Jaco Jordaan, voorsitter van die beheerliggaam van die Hoërskool Oudtshoorn, gister gesê. “Elke leerling het die reg om sy of haar gods­dienstige etos te kan beoefen soos hy of sy wil. Die skool het leerlinge van verskillende gelowe. Met die aansoek word gevra dat alle godsdienste in skole verbied word. Dit is onbillik.”

■ Volgens adv. Dana du Plessis, voorsitter van die beheerliggaam van die Hoërskool Linden in Johannesburg, ontken die skool die feitelike basis waarop die interdik teen hom gevra word. “Die feite is verkeerd en die aansoek sal op daardie grondslag teengestaan word. Die skool maak voorsiening vir ander gelowe as Christenskap. Christenskap is nie ’n toelatingsvereiste nie.”

■ Volgens Louis Booyse, voorsitter van die beheerliggaam van die Laerskool Garsfontein in Pretoria, is dit vir hulle vreemd dat net enkele skole in die hof-aansoek gelys word. “Ons sal nie terugdeins vir die uitdaging nie en is bereid om dit tot in die konstitusionele hof te beveg. Dit sal deurentyd tot voordeel van die skool en sy leerlinge gehanteer word, soos wat dit hoort.”

■ Thomas Taljaard, voorsitter van die beheerliggaam van die Laerskool Baanbreker in Boksburg, het gesê elke skool het ’n godsdiensbeleid en hy glo die skool se beleid is in orde. “Dit is ’n beginselsaak en ons sal dit nie daar laat nie.”

■ Volgens Jacques de Villiers, voorsitter van die beheerliggaam van die Laerskool Randhart in Alberton is hulle nie skaam om Christene te wees nie, maar misken of misgun niemand die reg om hul godsdiens in die skool te beoefen nie.

■ Christo van den Bergh, voorsitter van die beheerliggaam van die Langenhoven Gimnasium in Oudtshoorn, het gesê die hofaansoek het verreikende gevolge.

“Ons is ’n skool wat staan vir ons Christelike waardes. Om vir ons te sê ons mag nie meer bid nie is ’n vreemde gevoel. Ons weet nie eens hoe ons in die hof­aansoek beland het nie. Ek sou dit verstaan het as ons ’n leerling (wat) teësinnig (was) gedwing het om aan iets deel te neem, maar ons het nie.” 

Só sê lesers op Facebook

Henre Rossouw skryf: 

Sensasionele opskrif. Hy wil alle geloofsoortuigings uit skole verwyder. En dis reg. Dit is ongrondwetlik om een geloof voor te trek. Daar is geen rede hoekom godsdiens (enige geloof) nie steeds by die huis en ander diensooreenkomstige plekke beoefen kan word nie. As jy Christenskap wil betrek by 'n publieke skool moet jy alle gelowe gelyke regte gee. En dis onmoontlik. Die wêreld is divers. Jy kan nie een groep voortrek en ander sodoende "onderdruk" nie. Jy het nogsteeds die vryheid om jou geloof te beoefen sonder diskriminasie (en sonder om dit weg te steek). Net soos elke ander persoon met enige ander geloofsoortuiging.