Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Heyneke Meyer se kontrak verleng tot 2019
Heyneke Meyer (Foto: Yunus Mohamed)

Kaapstad. – Heyneke Meyer is ondanks die stortvloed kritiek sedert Saterdag se Springbok-nederlaag veiliger as ooit in sy pos.

Talle betroubare bronne het Dinsdag gesê sy kontrak met Saru is reeds verleng.

Die plan is glo dat hy die Bokke tot 2019 se Wêreldbeker-toernooi in Japan afrig.

Lees ook:

■ ​Heyneke Meyer se WB-generaal

■ Heyneke Meyer wil volhard met dié plan op aanval

■ ​Peiling: Hoe voel jy oor Heyneke Meyer?

’n Saru-woordvoerder het by navraag gesê Jurie Roux, uitvoerende hoof, lewer nie kommentaar voordat ’n kontrak gesluit is nie.

Volgens die bronne is ’n ooreenkoms reeds bereik en word dit geheim gehou. Dié saak is uiters sensitief omdat Meyer uit politieke oorde onder skoot is omdat hy volgens hulle te min gekleurde spelers kies.

Bryan Habana en Tendai Mtawarira was die enigste gekleurde spelers in die Bokke se beginspan vir die 25-37-nederlaag teen Argentinië. Daar was drie gekleurde spelers op die plaasvervangersbank: die stut Trevor Nyakane, die flank Siya Kolisi en die vleuel Lwazi Mvovo.

Veral Mvovo se weglating uit die beginspan het die wenkbroue laat lig omdat ’n senter, Jesse Kriel, na die vleuelposisie uitgeskuif is om vir Jean de Villiers in die beginspan plek te maak.

Die keuse van Schalk Brits bo Scarra Ntubeni as derde haker vir die onlangse toer na Australië en Nieu-Seeland word ook skerp gekritiseer, nes Meyer se besluit om Heinrich Brüssow van nêrens bo Kolisi as flank te kies.

Tony Ehrenreich, Wes-Kaapse sekretaris van Cosatu, het Dinsdag aan Jana Breytenbach gesê die WP en Cheetahs is van die mees verteenwoordigende spanne. “Hoekom word die meeste van dié spelers nie vir die Springbok-span gekies nie?”

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.