Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Hlaudi Motsoeneng se bates in gedrang as hy moet opdok
Hlaudi Motsoeneng se huis in Pellissier, Bloemfontein. Foto: emile hendricks
Sy huis in Langenhovenpark, Bloemfontein. Foto: emile hendricks
Sy huis in Ruimsig Country Estate, Krugersdorp. Foto: felix dlangamandla
Hlaudi Motsoeneng, SAUK-bedryfshoof.

JOHANNESBURG. – Hlaudi Motsoeneng, SAUK-bedryfshoof, sal dalk van sy bates ontslae moet raak indien geld vir sy salaris van hom verhaal word.

Adv. Thuli Madonsela, openbare beskermer (OB) het bevind die SAUK moet van die vermorste geld by Motsoeneng verhaal.

Sy het geïmpliseer dat hy nie in sy hoë pos aangestel moes word nie.

Madonsela se magte, hoe afdwingbaar dit is en of Motsoeneng geskors en getug behoort te word, is die onderwerp van ’n saak wat op 18 September voor die appèlhof gedien het. ’n Beslissing word binnekort verwag.

Lees ook: Hlaudi Motsoenen​g: ‘Ek verdien elke sent’

Motsoeneng het drie woonhuise in gegoede woonbuurte in Johannesburg en Bloemfontein.

Lees ook: 'Hlaudi Motsoeneng se raskaart walglik'

Die waarde daarvan beloop sowat R6,5 miljoen.

Die Burger verneem egter van ’n onkreukbare bron dat hy lenings van gesamentlik R2,7 miljoen daarop uitgeneem het. Dit is onbekend hoeveel Motsoeneng reeds hiervan afbetaal het.

Motsoeneng is om kommentaar genader, maar hy het net gesê hy respekteer die OB en sal wag vir die appèlhof om meer duidelikheid oor sy situasie te gee.

 Hy het in 2011 ’n huis in die luukse Ruimsig Country Estate in Krugersdorp vir R2,8 miljoen gekoop. Dit is nou sowat R3,3 miljoen werd. Daar is ’n verband van R1,76 miljoen op die huis.

 Hy het in 2009 R1,6 miljoen vir ’n huis in Langenhovenpark, Bloemfontein, betaal. Dit is nou sowat R2 miljoen werd. ’n Verband van R600 000 is op dié huis geregistreer.

■ Motsoeneng het in 1999 ’n huis in Pellissier, Bloemfontein, vir R190 000 gekoop. Die huis is nou sowat R1,2 miljoen werd. Motsoeneng het jare later twee lenings van gesamentlik R350 000 teen die verband op dié huis uitgeneem.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.