Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Hof hoor rower vra: ‘Ken jy jou Bybel?’

Die inbreker het met ’n bier in die een hand langs ’n man van Chancliff, Krugersdorp, se bed gestaan.

Met sy ander hand het hy op ’n Bybel geslaan wat op die bedkassie langs die bed gelê het en John Henry du Toit gevra of hy die Bybel ken.

Du Toit is een van die getuies in ’n hofsaak teen twee broers, Patrick Nkuna (21) en Johannes Nkuna (35), wat in die Krugersdorp-streekhof teregstaan op verskeie aanklagte van huisbraak en roof.

“Wat sê die Bybel?” het Patrick aan Du Toit gevra kort nadat hy sy balaklawa afgehaal het. “Dat jy jou naaste moet liefhê soos jy jouself liefhet,” het Du Toit gister in sy getuienis sy antwoord in die hof herhaal.

“Moet ons nie haat nie. Ons doen dit vir die geld,” het

Patrick gesê.

Du Toit, wat saam met sy vrou en kinders op 17 Februarie 2011 in hul huis oorval is, het gister getuig hoe “diewe” in hul slaapkamer ingestorm en die duvet van hom en sy vrou afgeruk het.

Hul hande en voete is met dasse vasgebind.

“Hulle het gevra waar die geld en die kluis in die huis is.

“Ek het aan hulle gesê hulle kan vat wat hulle wil, maar hulle moet my kinders uitlos.”

Die rowers het glo gesê hulle sal die kinders se deur toemaak solank die ouers saamwerk.

24 aanklagte staar die Nkuna-broers in die gesig, waaronder huisbraak, huisroof met verswarende omstandighede, seksuele aanranding, die onwettige besit van ’n vuurwapen, asook ammunisie.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.