Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
11 in hof oor openbare geweld in Mosselbaai

Elf mense het Donderdag in die landdroshof in Mosselbaai verskyn op aanklagte van openbare geweld en die oortreding van munisipale infrastruktuurwetgewing.

Dit volg op voorvalle van openbare geweld wat Woensdag in dele van Mosselbaai voorgekom het weens ontevredenheid oor die verspreiding van kospakkies.

Kapt. Malcolm Pojie, polisiewoordvoerder, sê Woensdag omstreeks 14:00 het ’n groep van ongeveer 50 gemeenskapslede in Sansonstraat in Da Gamaskop byeengekom om hul ontevredenheid te laat blyk oor die verspreiding van kospakkies.

Hulle het geëis dat die mense vrygelaat word wat vroeër die dag in hegtenis geneem is.

“Die skare het oproerig geraak en die hulp van die polisie se eenheid vir openbare orde is ingeroep om die skare onder beheer te kry.”

Volgens hom moes die polisie noodgedwonge skokgranate gebruik om die oproeriges uiteen te jaag. Agt mense, onder wie ’n 16-jarige wat later vrygelaat is, is in hegtenis geneem.

“Woensdag omstreeks 22:00 het van dieselfde groep weer bymekaargekom en ander gemeenskapslede in Mayixhalestraat in Kwanonqaba gemobiliseer,” sê Pojie,

“Hulle het geëis dat die mense vrygelaat word wat vroeër die dag in hegtenis geneem is. Hulle het die polisie met klippe bestook en brande in die pad gestig. Daarna het hulle in die gemeenskap inbeweeg en probeer om verskeie spazawinkels te plunder, maar is deur die polisie, die verkeers- en die wetstoepassingsafdeling verhoed.”

Nadat ’n groep na Louis Fourie-weg beweeg en klippe na voertuie begin gooi het, is die pad vir sowat vyf uur gesluit. Tydens die voorval is nog vier mense in hegtenis geneem.

Pojie sê die situasie word steeds as plofbaar beskou en die eenheid vir openbare orde monitor die gebied.

Meer oor:  Mosselbaai  |  Inperkingsregulasies  |  Openbare Geweld  |  Kos  |  Inperking  |  Armoede
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.