Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
12 j. ná moord op hul ouers stap sy uit tronk
Nicolette Lotter
Nicolette Lotter die dag toe sy in 2012 gevonnis is. Foto: NELIUS RADEMAN

Die veroordeelde moordenares Nicolette Lotter, wat in 2008 saam met haar broer hul ouers in hul huis in Westville, Durban, vermoor het, het Dinsdag as ’n vry vrou uit die Westville-gevangenis se vroueafdeling gestap.

Ds. Willem Lotter, Nicolette se oom, het aan Huisgenoot bevestig hy is van Nicolette se parool in kennis gestel.

Nicolette (38), wat op 5 Oktober 2018 met Rian Nortjé (34) van Gauteng in die gevangenis getroud is, het Dinsdag by sy huis aangekom nadat sy op parool vrygelaat is.

Nicolette is in 2012 tot 12 jaar tronkstraf gevonnis weens die moorde op haar ouers, Riekie (52) en Johnnie (53) Lotter, in die welgestelde buurt Westville.

Haar jonger broer, Hardus­ (32), is reeds in Maart 2018 op parool vrygelaat. Hy is tot tien jaar tronkstraf gevonnis.

Mathew Naidoo van Phoenix, Durban, wat ten tyde van die moorde aan Nicolette verloof was en deur die hof as die baasbrein beskou is, dien ’n lewenslange vonnis in ’n gevangenis in KwaZulu-Natal uit.

Regter Shyam Gyanda het destyds in die hooggeregshof in Durban bevind Naidoo het homself as “die derde seun van God voorgedoen” en Nicolette en Hardus maande lank gemanipuleer en gebreinspoel “om die werk van God te doen” deur hul ouers te vermoor.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.