Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
12 j. tronkstraf nadat ‘dronk’ vrou seun verkrag

’n Vrou wat aanvoer dat sy te dronk was om te onthou dat sy ’n 13-jarige seun verkrag het, is Maandag tot 12 jaar tronkstraf gevonnis.

Die 29-jarige Thembakazi Dyamani is in die streekhof in Gqeberha (Port Elizabeth) van verkragting aangekla nadat die seun haar verlede jaar by sy ouers verkla het.

Die slagoffer en ’n maat, ook 13 jaar oud, het op 4 Junie 2020 saam met Dyamani na die stad gegaan om haar familie te besoek en die aand daar oorgeslaap. Hulle is nie familie van haar nie, maar ken haar goed.

Dyamani het tussen die twee seuns geslaap en een van die seuns seksueel aangerand.

Nadat die seun sy vriend die volgende dag van die voorval vertel het, het die vriend hom aangeraai om sy ouers te vertel.

Dyamani het vanjaar op 25 Maart skuld op die aanklag beken. Sy het gesê sy kan nie die aantygings betwis nie omdat sy daardie aand te dronk was om enigiets van die voorval te onthou.

Die streekhof in Gqeberha het ’n 29-jarige vrou Maandag tot 12 jaar tronkstraf gevonnis vir die verkragting van ’n 13-jarige seun. Foto: Argief
Meer oor:  Gqeberha (Port Elizabeth)  |  Verkrag  |  Vonnis  |  Drank  |  Hof
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.