Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
13 ‘bendelede’ in hof ná plundery van spogmotors

’n Groep mans verskyn Maandag in die landdroshof in Kaapstad in verband met die plundery by ’n luukse motorhandelaar in Kaapstad.

Die 13 mans wat aangekeer is na die voorval by The Toy Shop in die North Gate-sakepark in Brooklyn op 17 Februarie is luidens ’n bron vermoedelik lede van die 28-bende.

Hulle verskyn op aanklagte van besigheidsroof en kwaadwillige saakbeskadiging.

Toy Shop

Hulle is verlede Donderdag en Vrydag deur provinsiale speurders verbonde aan die georganiseerde misdaadeenheid in hegtenis geneem.

Brig. Novela Potelwa het Maandag gesê die mans, sommige van Valhalla Park en ander van omliggende woonbuurte is in twee operasies in hegtenis geneem.

Die voorval by die motorhandelaar is op video vasgelê en het wyd opspraak gemaak.

Sowat 40 mans het in twee minibustaxi’s by die motorhandelaar aangekom. Van hulle het uitgeklim, die perseel binnegegaan en twee luukse voertuie wat op die verkoopsvloer gestaan het, geëis.

Toe die personeel weier en hulle vra het om die perseel te verlaat, het nog mans van wie minstens een gewapen was, die perseel binnegekom en van die voertuie begin beskadig. Hulle het ook van die mense wat daar werk beroof en ook die kantore binnegegaan en daar dokumente en rekenaars rondgegooi.

In ’n video wat op Twitter versprei is, kan gesien word hoe gemaskerde mans die voertuie met voorwerpe in hul hande beskadig. Van hulle spring selfs teen die voertuie en skop duike in die bakwerk.

Meer oor:  The Toy Shop  |  Kaapstad  |  Misdaad  |  Hof  |  Saakbeskadiging  |  Plundery
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.