Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
158 nuwe landdroste aangestel

Ronald Lamola, minister van justisie, het 158 nuwe landdroste aangestel wat op 1 Oktober in hul nuwe pos sal inval.

“Ek wil die Landdrostekommissie loof vir sy pogings in die enorme taak om hierdie poste te vul. Die opstel van ’n kortlys en om onderhoude met 418 kandidate te voer is ongekend, te meer nog onder die uitdagende omstandighede weens die Covid-19-pandemie,” sê Lamola.

Hy sê die aanstellings is ’n belangrike stap om die howe toe te rus sodat dit in staat is om geregtigheid vir almal te bewerkstellig.

Chrispin Phiri, woordvoerder van die departement van justisie, sê in ’n verklaring landdroshowe is “aan die werkfront” van die regstelsel.

“Dit is noodsaaklik dat hierdie howe, wat die eerste punt van kontak is vir die uitvoering van die reg, goed toegerus word en optimaal funksioneer,” sê Phiri.

Die nuwe landdroste moet van nou af hul bedanking by hul huidige werkgewers begin indien en waar nodig reëlings tref om te trek.

Phiri sê van die 158 aanstellings is 104 swart, 23 bruin, agt Indiërs en 23 wit. 88 is vroue en 70 is mans.

“Die nuwe aanstellings wys hoe ver ons gekom het wat geslags- en rassetransformasie betref, want daar is nou 695 Afrikane, 143 Indiërs, 176 bruin mense en 388 wit mense wat op landdrosvlak werk.”


MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.