Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
16 van EFF naweek in tronk ná Clicks-betoging

16 EFF-betogers sal die naweek in die tronk deurbring omdat die dossier vir hul saak nie Vrydag by die hof was nie.

Die 16 is in hegtenis geneem nadat hulle by die Clicks-tak in die Eikestad-winkelsentrum in Stellenbosch betoog het uit protes teen ’n rassistiese sjampoe-advertensie wat op die groep se webblad gepubliseer is.

Eric Ntabazalila, woordvoerder van die nasionale vervolgingsgesag (NVG), sê die 16 sal nou Maandag in die hof verskyn. Die groep is Donderdag in hegtenis geneem.

Melikhaya Xego, die EFF se Wes-Kaapse voorsitter, het Vrydag gekla oor die tydsberekening van die polisie om eers die beskuldigdes se adresse vir borgtogdoeleindes te verifieer.

“Hulle het eers vandag begin om die adresse na te gaan,” beweer Xego.

Kol. Andrè Traut, provinsiale polisiewoordvoerder, het Donderdag gesê die 16 mense is in hegtenis geneem omdat hulle ’n hofbevel verontagsaam het.

Clicks het Maandag aansoek gedoen vir ’n hofbevel om die betogings te verbied, maar die aansoek is met koste van die hand gewys.

Die maatskappy het daarna ’n tweede hofaansoek gebring, wat toegestaan is, wat die betogers verbied het om Clicks se personeel en klante te intimideer of te teister.


MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.