Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
18 jaar tronkstraf vir man wat gestremde man verkrag

’n Jong man van Okiep in die Noord-Kaap is vroeër in die streekhof in Springbok 18 jaar tronkstraf opgelê nadat hy ’n verstandelik gestremde man verkrag het.

Ricardo Magerman (23) het die 23-jarige slagoffer op 22 Maart 2018 tussen 20:00 en 22:00 onder valse voorwendsel na sy huis in Okiep uitgenooi en het homself toe op die man afgedwing.

Kapt. Sergio Kock, polisiewoordvoerder, sê Magerman het die man na sy huis genooi om flieks te kyk, maar het hom toe gedwing om seksuele gunste te doen voordat hy hom verkrag het.

Hy (Magerman) is op 28 Januarie skuldig bevind en ook gevonnis.

Brig. Nicky Mills, hoof van die eenheid teen familiegeweld, kinderbeskerming en seksuele oortredings in die Noord-Kaap, het speursers. Bianca Parring vir die goeie ondersoekwerk geprys.

Dankie dat jy niks onaangeroer gelaat het om te verseker dat die oortreder vir sy afskuwelike dade boet nie.

Meer oor:  Ricardo Magerman  |  Okiep  |  Skuldig  |  Verkrag  |  Gestrem
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.