Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
18-jarige in hof ná 3 kinders verkrag is

’n 18-jarige tienerseun sal Maandag in Postmasburg in die hof verskyn nadat hy na bewering drie seuns, een van agt jaar oud en twee van nege, verkrag het.

Die seun is Vrydag in hegtenis geneem.

Brig. Mohale Ramatseba, polisiewoordvoerder, sê die drie kinders het verlede Saterdag in die straat gespeel, nie ver van die verdagte se sinkhuisie nie.

“Die verdagte het hulle na sy huis geroep. Binne die huis het hy die seuns met ’n mes gedreig en hulle na bewering seksueel aangerand. Die seuns is na bewering oor ’n tydperk verkrag.”

Ramatseba het ander moontlike kinderslagoffers en hul families in die omgewing versoek om die polisie te bel.

Hulle kan ao. Deborah Bob van die kinderbeskermingseenheid by 082 454 3643 bel.

“Ouers moet verseker dat hul kinders te alle tye veilig is sodat hulle nie in die hande van booswigte beland nie.”

Meer oor:  Noord-Kaap  |  Postmasburg  |  Verkragting  |  Hof  |  Kinders
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.