Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
18-jarige in hof nadat sy haar baba glo in puttoilet gooi

’n Skoolmeisie van Odendaalsrus in die Vrystaat verskyn weer volgende maand in die plaaslike landdroshof nadat sy haar pasgebore baba na bewering in ’n puttoilet gegooi het.

Die 18-jarige meisie is verlede Donderdag by haar skool aangekeer nadat ’n 13-jarige meisie op die baba se lyk in ’n puttoilet in die K10-woonbuurt in Kutlwanong afgekom het.

Die jong ma het die volgende dag op aanklag van die verberging van ’n geboorte in die hof in Odendaalsrus verskyn. Sy is op waarskuwing vrygelaat en moet weer op 2 Augustus in dieselfde hof wees.

Kapt. Stephen Thakeng, polisiewoordvoerder, het bevestig die hofverskyning spruit uit ’n voorval waartydens ’n tienermeisie verlede Donderdag om 09:45 ’n baba in ’n puttoilet gekry het. Die meisie het ’n volwassene van die gru-vonds vertel en die polisie is gekontak.

Thakeng kon nie Woensdag presies sê waar en wanneer die 18-jarige gekraam het nie.

Kapt. Jonathan Human, ao. Maria de Wet en konst. Lala Kgosing van die Odendaalsrus-speurdiens het ’n deeglike ondersoek op die toneel gedoen wat hulle na die 18-jarige meisie gelei het.

Genl.maj. Lerato Molale, bevelvoerder van die Welkom-polisiegebied, het die beamptes geloof vir hul ondersoekwerk wat tot die inhegtenisneming van die verdagte gelei het.

Meer oor:  Kapt. Stephen Thakeng  |  Odendaalsrus  |  Baba  |  Puttoilet
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.