Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
2 gevangenes doodgeskiet wat by hof probeer ontsnap

Twee gevaarlike verhoorafwagtende gevangenes is Dinsdagmiddag by die hooggeregshof in Thohoyandou, Limpopo, doodgeskiet toe hulle glo probeer ontsnap het.

Brig. Motlafela Mojapelo, polisiewoordvoerder in Limpopo, sê die twee mans, wie se name nog nie bekend gemaak is nie, het glo probeer om polisielede en bewaarders van die departement van korrektiewe dienste (DKD) se R5-aanvalsgewere af te neem.

Die polisielede en die DKD-beamptes het die twee gevangenes, nadat hulle in die hof verskyn het, na die aanhoudingselle in die hof vergesel toe die struweling en poging om te ontsnap gebeur het.

Mojapelo sê etlike skote is in die harwar geskiet. Die twee gevangenes is dood in die skietery. Niemand anders is beseer is nie.

Volgens hom het die twee verhoorafwagtendes tereggestaan op meer as 90 aanklagte, wat verskeie moorde, gewapende rooftogte by huise en gewapende rooftogte by sakeondernemings insluit. Hulle was glo ook betrokke by transitorooftogte.

Hulle moes in onderskeie verhore vir al die misdrywe in die hof verskyn. Dit is nie duidelik hoe lank hulle al in aanhouding was nie.

Mojapelo sê ’n ondersoek is reeds begin na die skietery. Die onafhanklike polisieondersoekdirektoraat (Opod) is ook besig met ’n ondersoek na die voorval.

Mojapelo kon teen Woensdagoggend nog nie die twee mans se name verskaf nie, want volgens hom moet die DKD eers hul naasbestaandes van hul dood inlig.

Meer oor:  Limpopo  |  Thohoyandou  |  Gevangenes  |  Hof  |  Ontsnap
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.