Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
2 in hof ná bloed en byl met verkoolde lyk verbind word

Bloed in ’n huis en ’n byl op die dak het gelei tot die inhegtenisneming van twee mans in Noordwes nadat ’n verkoolde lyk verlede week in ’n motor se bagasiebak gevind is.

Hoewel dié vondste tot Arthus Khoza (18) en Mahlatsi Nkuna (20) se inhegtenisneming gelei het, is die identiteit van die slagoffer steeds nie vasgestel nie.

Khoza en Nkuna, wat reeds elk op ’n aanklag van moord in die Ga-Rankuwa-landdroshof verskyn het, bly in aanhouding tot hul volgende verskyning op 30 Junie, het kol. Adéle Myburgh, polisiewoordvoerder in die provinsie, gesê.

Die verkoolde lyk is verlede Donderdag in ’n uitgebrande voertuig se bagasiebak op ’n sokkerveld in Klipgat (naby Ga-Rankuwa) gevind. DNS-toetse word tans gedoen om vas te stel of die oorledene Sam Junior Mbatha, eienaar van die voertuig, was.

Hy is vermis sedert die oorskot en uitgebrande voertuig gevind is. Mbatha se familie het by mense gepleit om op te hou om op sosiale media te bespiegel of dit sy lyk is.

Myburgh sê polisielede het binne dae nadat die verkoolde lyk in die Hyundai gevind is, gereageer op inligting wat hulle na ’n huis in Klipgat gelei het. Met die deursoeking van die huis op Maandag 21 Junie is op bloedkolle op die vloer van een van die slaapkamers gekry.

“Bloed is ook onder en bo-op die bed, en op die mat gevind,” sê Myburgh. ’n Byl wat vermoedelik gebruik is om die moord te pleeg, is op die huis se dak gevind.

Die polisie het die twee mans kort daarna in hegtenis geneem.

Volgens Myburgh word na ’n derde verdagte, wie se identiteit aan die polisie bekend is, gesoek.

Enigiemand met inligting kan ao. Thabo Sekgororoana, die ondersoekbeampte, by 082 520 1588 bel of die teenmisdaadnommer 08600 10111 skakel. Wenke kan ook anoniem na die MySAPS-app gestuur word.

Meer oor:  Noordwes  |  Lyke  |  Bloed  |  Verkool  |  Byl
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.