Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
2 in hof weens beweerde vals siviele eise van sowat R45 m.

’n Oos-Kaapse prokureur (74) en een van sy werknemers (49) is Donderdag weens beweerde bedrieglike siviele eise teen die departement van gesondheid in hegtenis geneem.

Die eise van sowat R45 miljoen is volgens die polisie namens drie kliënte ingestel wat drie hospitale in die Oos-Kaap vir beweerde nalatigheid dagvaar.

Dié drie het na bewering tuis gekraam, maar is blykbaar oorreed om aan te voer hulle het in die hospitaal gekraam en dat hul kinders nou weens die behandeling wat hulle ontvang het serebraal gestremd óf kwadrupleë is.

Luidens ’n verklaring van brig. Thembinkosi Kinana, woordvoerder van die provinsiale polisiekommissaris, kom die twee verdagtes se inhegtenisneming kort ná die aanstelling van ’n taakspan wat drie sake van beweerde bedrog by die departement van gesondheid in Bhisho ondersoek het.

Albei verdagtes het Donderdag in die landdroshof in Zwelitsha op drie aanklagte van bedrog verskyn en is op borgtog vrygelaat.

Die saak is tot 2 September uitgestel.

Lt.genl. Liziwe Ntshinga, Oos-Kaapse polisiekommissaris, het Donderdag die speurders van die handelsmisdaadeenheid vir hul werk geloof.

Sy sê in ’n verklaring bedrog en korrupsie is ernstig en sy sal al die nodige steun aan speurders bied om te verseker dat korrupte amptenare aan die kaak gestel word.

Sizwe Kupelo, woordvoerder van die provinsiale gesondheidsdepartement, het in reaksie gesê die stygende getal siviele eise teen die departement is kommerwekkend, maar hulle het gedink dat van die eise vals is.

Hy sê die departement is verheug om te sien die owerhede slaan toe op diegene wat van korrupsie verdink word.

Meer oor:  Prokureur
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.