Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
2 jaar vir pastoor wat honde mishandel, laat veg
Biscuit, een van die pitbulls, wat van kant gemaak moes word nadat hy in hondegevegte gebruik is en erg beseer en verwaarloos was. Foto: NDBV

James Bennie, ’n deeltydse pastoor van Edenpark aan die Oos-Rand, is tot twee jaar tronkstraf gevonnis nadat hy honde vir gevegte gebruik het en in haglike omstandighede aangehou het.

Bennie en ’n tienerseun (hy is ’n oom van die seun) is al twee skuldig bevind op klagte wat verband hou met die Wet op Dierebeskerming.

Bennie, ’n deeltydse pastoor van die Apostoliese Geloofsending (AGS), was betrokke by georganiseerde hondegevegte in Edenpark.

Nadia Hansa, ’n inspekteur van die Nasionale Dierebeskermingsvereniging (NDBV), en Kingstone Siziba, ’n senior inspekteur van Alberton se DBV, het op klagte van ’n lid van die gemeenskap gereageer en na die erf in Edenpark gegaan.

Hier het hulle volgens die NDBV se getuienis op skokkende tonele van dieremishandeling afgekom en honde wat in lyding is.

Die twee inspekteurs het op agt honde, drie pitbulls en vyf honde van ’n kruisras, afgekom.

Van die honde was so erg beseer dat die NDBV hulle van kant moes maak.Foto: NDBV

Een van die drie pitbulls, Biscuit, kon nie loop nie en het wonde gehad wat erg ontsteek was. Die ander twee het soortgelyke wonde gehad en heelwat ou letsels van vorige hondegevegte.

Bennie en die seun het nie die honde se wonde behandel nie, hulle aan kort kettings aangehou en sonder kos en water gelos.

Die kruisrashonde was ook onversorg en het onbehandelde wonde gehad.

Hansa het getuig die tweeledige wreedheid maak die mishandeling nog erger. Dit was duidelik dat die honde in gevegte gebruik is, maar ook gelos is om honger te ly en te vrek weens die wonde wat hulle opgedoen het.

Al drie die pitbulls, Biscuit, Bazooka en Boomer, en twee van die ander honde se toestand was so erg dat hulle van kant gemaak moes word.

Bennie en die seun is Donderdag, ná 12 hofverskynings, gevonnis.

Bennie is tot twee jaar tronkstraf gevonnis en die seun tot twee jaar huisarres. Hulle mag ook nie weer diere besit nie.

Die NDBV het landdros Joe Martini geloof vir die strawwe wat die hof opgelê het.

Martini het in sy uitspraak gesê uit getuienis voor die hof was dit duidelik dat die honde verskriklik onder die twee beskuldigdes gely het.

Die NDBV het ná die uitspraak, wat die mans verbied om weer diere te besit, by die huis gaan inspeksie doen en op 12 honde beslag gelê.

Meer oor:  James Bennie  |  Edenpark  |  Honde  |  Dieremishandeling  |  Pastoor
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.