Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
2 kry lewenslank ná kleuter se skietdood

Twee bendelede is lewenslange tronkstraf vir die skietdood van ’n kleuter van Ravensmead in Kaapstad opgelê.

Thea Lewis (4) is op 18 April 2018 doodgeskiet terwyl sy en haar sussie in hul agterplaas in Cedar Court 3 gespeel het.

Tamerlene Lewis, met ’n foto van haar dogter, Thea Lewis, op haar selfoon. Foto: Jaco Marais

Brandon September en Nigel Prinsloo, wat luidens hofdokumente lede van die Terribles-bende is, is skuldig bevind aan haar moord en lewenslange tronkstraf opgelê. Hulle is ook tot agt jaar tronkstraf vir poging tot moord en vyf jaar vir die besit van ’n ongelisensieerde vuurwapen en ammunisie gevonnis.

Daar was volgens die staat onmin tussen die Terribles- en die Young Ones-bendes. Op die dag van die skietery was lede van die Young Ones-bende by Cedar Court 1.

September en Prinsloo het die woonstel genader en een van hulle het ’n vuurwapen uitgepluk en op dié bendelede losgebrand.

Thea is in die bors getref en is op die toneel dood.

Abdul Kareem Oostendorp, ’n lid van die Young Ones-bende, Ricardo Williams en Rubyn Esau is ook doodgeskiet.

September en Prinsloo se medebeskuldigdes, Austin Peter Botha, Shaun Field, Joseph Williams en Rodney April, is lewenslange tronkstraf vir hul moord opgelê. Hulle is ook tot vyf jaar tronkstraf vir die besit van ’n ongelisensieerde vuurwapen en ammunisie gevonnis.

Hulle is luidens die staat almal lede van die Terribles-bende.

Die staat het in die hof aangevoer die skuldiges het met ’n gesamentlike doel opgetree om die misdryf te pleeg.

Meer oor:  Ravensmead  |  Bendelede  |  Skietdood  |  Bendegeweld
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.