Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
2 kry lewenslank vir moord op polisielid en haar man

Twee mans is Vrydag lewenslange tronkstraf in die hooggeregshof in Middelburg opgelê vir die moord op ’n polisiebeampte en haar man.

Monica Nyuswa, woordvoerder van die nasionale vervolgingsgesag in Mpumalanga, sê Thulani Maisame (33) en Martin Mohlala (27) is elk drie keer lewenslange tronkstraf opgelê vir drie aanklagte van moord, twee aanklagte van roof, die afvuur van ’n vuurwapen in die openbaar en twee aanklagte van die besit van ’n ongelisensieerde vuurwapen en ammunisie.

Hulle is ook skuldig bevind aan die moord op Mandla Sambo, ’n medepligtige.

Volgens Nyuswa is die misdade tussen 30 November en 1 Desember verlede jaar in die Thulamahashe-distrik in Agincourt, Mpumalanga, gepleeg.

Maisame, Mohlala en Sambo het op 1 Desember by die huis van Thembisile Fortune Ndlovu en haar man, Jabulani Harry Khoza, ingebreek. Hulle het die sleutels van die egpaar se voertuig gevra. ’n Skietery het tussen Ndlovu, ’n polisiebeampte, en die verdagtes uitgebreek. Ndlovu en Sambo is doodgeskiet. Khoza is gewond en later in die hospitaal oorlede. Maisame en Mohlala is ’n paar dae ná die voorval deur die polisie in hegtenis geneem.

Meer oor:  Middelburg  |  Moord  |  Polisielid
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.