Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
2 kry twee keer lewenslank weens Memel-moorde

Die twee moordenaars van twee bejaarde vriende van Memel is elk in die rondgaande hof op Harrismith tot twee keer lewenslange tronkstraf gevonnis weens dié grusame daad wat die gemeenskap geskok het.

Sabelo Mlusnisi Xaba (26) en Limpiwe Patrick Mofokeng (22) is ook deur regter Jake Moloi elk tot 15 jaar tronkstraf weens roof met verswarende omstandighede en altesaam 20 jaar weens die besit van vuurwapens en ammunisie gevonnis. Dié vonnisse sal saam met die lewenslange gevangenisstraf uitgedien word.

Viv Viviers (82), wat ’n sakeonderneming in die dorp het, het ter strafverswaring getuig hoe die laatmiddaggebeure van 20 Oktober verlede jaar in hul huis in Pres. Steynstraat, Memel, sy lewe verander het.

Dit het die gemeenskap geruk.

Sy vrou, Charlotte (78), en hul vriend, Eric Oosthuizen (82), wat by hulle gebly en ook by die onderneming betrokke was, is in die aanval op hulle dood.

Viv het getuig hy is sedert die aanval nou te bang om verder in die huis te woon en sy kinders wil ook nie daar kuier nie.

Sy gesondheid het ook versleg weens die beserings wat hy opgedoen het en hy woon nou in ’n tehuis vir bejaardes.

Luidens getuienis het die twee moordenaars eers vir Charlotte en Eric in die huis oorval en vasgebind. Hul monde is ook toegebind. Charlotte is ook gewurg. Hulle is weens verwurging en versmoring dood.

Viv is aangeval toe hy ná werk die huis binnegekom het. Sy hande is agter sy rug vasgebind en hy is teen die grond gedruk en met ’n mes gesteek.

Hy is in die huis rond gesleep en erg aangerand. Die boewe wou geld hê. Nadat hulle sowat R45 000 gekry het, is hulle met Eric se bakkie daar weg tot in Newcastle, waar hulle dit gelos het.

Hulle het ook juweliersware, ’n antieke geweer, ’n haelgeweer, drie pistole en ammunisie geroof.

Regter Moloi het hul aansoeke om verlof om teen hul skuldigbevinding en vonnis te appelleer, geweier.

Adv. Masemo Lencoe het aangekla. Adv. Pieter Nel en Semelo Kambi van Regshulp SA het vir die beskuldigdes opgetree.

Meer oor:  Lewenslank
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.