Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
2 mans in hof ná aktivis se skietdood

Twee mans het Vrydag vlugtig in die landdroshof in Motherwell, Port Elizabeth, verskyn ná die moord op ’n anti-apartheidsaktivis.

Peter Sample (62) is op Oukersaand by sy huis in Zwide vermoor.

Hy was, luidens ’n verklaring van die ANC in die Oos-Kaap, saam met die aktiviste Tokyo Sexwale en Harry Gwala op Robbeneiland in die tronk.

Volgens die polisie is Sample twee keer in die kop geskiet.

Hulle het Maandag inligting oor die moord opgevolg en Simthembile Ntlokwana (28) en Siyabulela Mraji (25) ná ’n kort jaagtog in KwaZakhele vasgetrek.

Ntlokwana en Mraji is volgens die polisie twee van die drie mans wat Sample op 24 Desember by sy huis in Higastraat besoek het.

Kol. Priscilla Naidu, polisiewoordvoerder, sê die drie mans het glo beweer Sample het gesteelde luidsprekers gekoop.

“Die mans het die huis verlaat, later teruggekeer en hom geskiet. Hulle het met sy televisiestel gevlug.”

Verder word beweer ’n rooi Bantam-bakkie het verby Sample se huis gery terwyl die drie mans op die vlug geslaan het.

“Die verdagtes het op die bakkie geskiet. Die bestuurder is in sy linkerhand gewond en sy passasier, sy vrou, in haar regtervoet. Hulle het uit die bakkie geklim en die verdagtes het in die bakkie gevlug,” sê Naidu.

Die verdagtes is ses dae later aangekeer.

Hul saak is tot 9 Januarie vir ’n formele aansoek om borgtog uitgestel.

Meer oor:  Motherwell
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.