Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
2 op borgtog stroop glo wéér

Twee vermeende renosterstropers wat buite Hoedspruit in Limpopo in hegtenis geneem is, was op borgtog uit weens ander misdrywe toe hulle betrap is met ’n oor en stert van ’n renoster.

Shadrack Thomas Nkuna (39), was uit op borgtog van R5 000 omdat hy glo onlangs ’n renoster in die Skukuza-omgewing in die Krugerwildtuin gestroop het toe hy op 19 Mei buite Hoedspruit in hegtenis geneem is.

Juma Lucas Baloyi (29) was uit op borgtog van R2 000 weens poging tot moord en ’n gewapende huisrooftog in Giyani toe hy saam met Nkuna deur die polisie buite Hoedspruit in hegtenis geneem is.

Die polisie het op R200 000, ’n renosteroor en -stert beslag gelê.

Kol. Moatshe Ngoepe, polisiewoordvoerder in Limpopo, sê Baloyi en Nkuna is in hegtenis geneem nadat die polisie inligting ontvang het dat hulle ’n renoster gestroop het.

Sam Judas Khosa (25) is saam met Baloyi en Nkuna in hegtenis geneem. Hy het geen vorige oortredings nie.

Die drie mans het Maandag vlugtig in die rondgaande streekhof in Hoedspruit verskyn op aanklagte van die besit van ’n bedreigde spesie.

Die polisie het op R200 000, ’n renosteroor en -stert beslag gelê.

Dit was deel van die polisie se gesamentlike Uya Pamwe-veldtog om renosterstropery te bekamp. Die polisie, weermag, die Hoedspruit-plaaswag en die gemeenskapspolisiëringsforums van Hoedspruit en Phalaborwa het ’n padblokkade op die R40 tussen Hoedspruit en Phalaborwa gehou toe die mans in hegtenis geneem is.

Baloyi, Nkuna en Khosa sal Donderdag weer in die rondgaande streekhof in Hoedspruit verskyn.

Meer oor:  Limpopo  |  Hoedspruit  |  Hof  |  Renosterstropers
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.