Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
2 oudpolisielede tronk toe weens dwelmhandel

Twee oudpolisielede van die Woodstock-polisiekantoor in Kaapstad sal die volgende tien jaar agter tralies deurbring.

Godwin Barnard (37) en Isak Hendricks (57) is Maandag in die gespesialiseerde handelsmisdaadhof in Bellville tot vyf jaar tronkstraf elk gevonnis weens die besit en vervoer van dwelmmiddels in ’n polisievoertuig. Albei is tot nog vyf jaar tronkstraf gevonnis weens korrupsie omdat hulle R1 000 se vergoeding hiervoor gekry het.

Die polisie sal nie korrupsie in eie geledere duld nie. Ons waardeer die (polisie)bestuur se optrede om die twee te ontslaan.

Die Valke het in April 2010 ’n wenk gekry dat lede van die Woodstock-polisiekantoor betrokke is by dwelmhandel en dat hulle omkoopgeld aanvaar.

Luidens ’n verklaring van brig. Hangwani Mulaudzi, woordvoerder van die Valke, is die twee lede geïdentifiseer en toe dopgehou. Albei is betrap dat hulle betaling ontvang en dwelmmiddels van Woodstock na Maitland vervoer in ’n polisievoertuig.

Lt.genl. Godfrey Lebeya, Valke-hoof, wens die Valke in die verklaring geluk met hul toegewydheid om die skuldiges vas te trek.

“Die polisie sal nie korrupsie in eie geledere duld nie. Ons waardeer die (polisie)bestuur se optrede om die twee te ontslaan. Die afhandeling van hierdie saak, wat in 2010 begin het, stel ons nou in staat om op nuwe sake te fokus,” sê hy.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.