Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
2 tieners in hof weens brand op Kaapse treinstasie
Fikile Mbalula, minister van vervoer (middel) en Richard Walker, streekbestuurder van Metrorail in die Wes-Kaap (regs), tydens ’n vorige besoek aan die Kaapstadse treinstasie.

Twee tieners wat daarvan beskuldig word dat hulle die brand op 28 November by die Kaapstadse treinstasie gestig het, gaan die feestyd in ’n jeuggevangenis deurbring.

Die twee tieners, onderskeidelik 14 en 15 jaar oud, het Woensdag in die hof in Kaapstad verskyn nadat 18 treinwaens in dié brand in die slag gebly het.

Luidens ’n verklaring wat deur die polisie uitgereik is, het iemand een van die verdagtes herken op kringtelevisiebeeldmateriaal wat op sosiale media versprei is en die polisie in kennis gestel.

’n Beloning van R100 000 is vroeër uitgereik vir inligting wat tot die inhegtenisneming van die verdagtes kon lei.

Die 14-jarige verdagte is in Elsiesrivier in hegtenis geneem en die 15-jarige in Delft.

“Albei verdagtes is in aanhouding tot hul volgende hofverskyning op 9 Januarie,” lui die verklaring.

Die brand het groot ontwrigting vir pendelaars veroorsaak. Die skade beloop meer as R60 miljoen.

Meer oor:  Treine
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.