Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
2 tronk toe wat vermoorde vrou se bakkie steel

Twee mans wat ’n vermoorde weduwee van Bloemfontein se bakkie gesteel het, is Donderdag in die hooggeregshof in Bloemfontein tot effektief vyf jaar tronkstraf gevonnis.

Regter Celéste Reinders het Lusindigo Hardy (26) van Bochabela en Tebogo Donald Lesheko (36) van Rocklands tot agt jaar tronkstraf gevonnis.

Hiervan is drie jaar in geheel vir vyf jaar opgeskort op voorwaarde dat hulle nie gedurende dié tydperk aan diefstal skuldig bevind word nie.

Hulle het ingevolge ’n vonnisooreenkoms skuld op ’n aanklag van motordiefstal beken.

Tebogo Lesheko, Lusindigo Hardy en Tebogo Cwele vroeër vanjaar in die beskuldigdebank van die landdroshof in Bloemfontein. Foto: Mlungisi Louw

Hardy en Lesheko se vonnisoplegging spruit uit die diefstal van Hannatjie Coetzee (69), wat in 2019 in haar huis in Arboretum vermoor is, se Toyota Hilux.

Tebogo Elisha Cwele (30) is vroeër weens haar moord tot 20 jaar tronkstraf gevonnis.

Coetzee se lyk is in Februarie 2019 in ’n plas bloed in haar slaapkamer gekry nadat die polisie inligting ontvang het dat Cwele, Hardy en Lesheko haar bakkie in Hobhouse wou verkoop.

In hul pleitverduideliking sê Hardy dat Cwele hom op 3 Februarie om hulp gebel het. Die oproep is egter weens te min lugtyd kortgeknip.

Ná ’n ruk het Cwele by sy huis opgedaag en gevra dat hy moet help om ’n bakkie te gaan aanskakel.

Hy het ingestem en hulle is na Coetzee se huis waar die bakkie was.

Hardy sê hy was ten volle bewus daarvan dat Cwele nie by die huis gebly het nie en ook nie ’n bakkie besit het nie.

Hy het probeer om die bakkie aan te skakel, maar kon ook nie. Hy het toe die enjin ondersoek, maar kon niks fout vind nie.

Hulle het Lesheko gebel om hulle te kom help.

Hardy en Cwele het by ’n nabygeleë park vir hom gewag.

Kort daarna is die drie van hulle terug na Coetzee se huis, waar Lesheko ná ’n ruk besef het dat die bakkie ’n immobiliseerder het. Hulle kon dit toe wel aanskakel.

Hulle het in dié tyd die verkoop van die bakkie bespreek en ’n koper vir die bakkie gekry. Hulle het met die bakkie gery om die koper te ontmoet.

Hulle is in Hobhouse by ’n taverne aangekeer terwyl hulle op die koper gewag het.

Volgens Hardy en Lesheko se pleitverduideliking is hulle skaam oor wat hulle gedoen het en het hulle berou oor hul dade.

Adv. Berenice Claassens het aangekla. Venecia Abrahams het vir Hardy en Lesheko opgetree.

Meer oor:  Bloemfontein  |  Diefstal  |  Moord
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.