Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
2 uitgelewer, in hof nadat plaasvrou ontvoer is

Twee van die mans wat na bewering verlede jaar in Julie die bejaarde Daleen van der Hoven (80) ontvoer het, het in die hof op Zastron verskyn.

Tsitsa Machabe (33) en Thabo Moolehi (38) het Donderdag op klagte van gewapende roof, poging tot moord, ontvoering en motordiefstal verskyn.

Machabe en Moolehi, albei burgers van Lesotho, is twee van vier mans wat glo by die aanval op Van der Hoven betrokke was.

Een van die mans is steeds voortvlugtend, terwyl ’n derde verdagte glo deur die polisie in Lesotho doodgeskiet is toe hy ’n motor probeer steel het.

Die twee mans word daarvan aangekla dat hulle op 20 Julie 2020 vir Van der Hoven op haar plaas, Wanatha, naby Zastron aangeval het.

Daleen van der Hoven (80) van Zastron by haar familie kort nadat sy herstel het ná die aanval. Kloksgewys om haar is haar dogter, Lize du Plessis, Yolanda Kock, Jandré du Plessis, Mirinda van der Hoven en Zelda van der Merwe. Foto: Marietjie Gericke

Hulle het haar saam met die artikels wat hulle gesteel het in haar motor gelaai en haar aan die Lesotho-grens afgelaai.

Van der Hoven het in die nag om hulp aangeklop by mense van Lesotho wat aan die grens bly.

Sy was ’n tyd lank in die hospitaal en moes ’n breinoperasie ondergaan weens erge kopbeserings.

Haar voertuig is in Lesotho aan die brand gesteek.

Een van die mans is in ’n stadium in Lesotho vrygelaat omdat die Suid-Afrikaanse polisie nie gereël het dat hy uitgelewer word nie.

Die mans is later wel aan Suid-Afrika uitgelewer en sal nou verhoor word. 

Hulle moet weer op 2 Junie in die hof verskyn en bly in aanhouding.



Meer oor:  Daleen Van Der Hoven  |  Zastron  |  Ontvoer
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.