Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
2 vas oor renosterhorings

Petrus Sydney Mabuza (54) en sy vrou, die 21-jarige Nozwelo Mahumane, ’n student aan Unisa, het Donderdag vlugtig in die hof in Hazyview verskyn op aanklagte van die besit van ’n ongelisensieerde vuurwapen en patrone. Dit hou verband met renosterstropery en die sluikhandel in renosterhoring.

Die egpaar is in ’n ondersoek deur die polisie en Sanparke vasgetrek. Die operasie was daarop gemik om sindikate wat by die sluikhandel in renosterhoring betrokke is te ontwrig.

Mabuza en Mahumane is in Acornhoek, Mpumalanga, vasgetrek.

“Die polisie en die Groen Skerpioene het beslag gelê op ’n ongelisensieerde jaggeweer, ’n knaldemper, patrone, ’n klomp identiteitsdokumente, bankkaarte en Sassa-kaarte,” het brig. Hangwani Mulaudzi, woordvoerder van die Valke, Donderdag gesê.

Die twee word daarvan beskuldig dat hulle renosterhoring verhandel het. Mabuza word aangehou. Mahumane is op borgtog van R20 000 vrygelaat.

Albei sal weer op 20 Junie in die hof verskyn.

Die Valke, in samewerking met die Groen Skerpioene, het in Mei vanjaar twee vermeende middelmanne van ’n sindikaat, Mandla Mashele (37) en Calvin Malapane (30), in Benoni in hegtenis geneem. Hulle is albei op borgtog van R50 000 vrygelaat en verskyn op 13 Julie in die streekhof in Benoni.

’n Renosterhoring word in die sluikhandel vir tot R1,5 miljoen verkoop.

Meer oor:  Hazyview  |  Renosterhorings
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.