Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
2 vas vir moord op vrou in Karoo

Twee mense wat die naweek in Vereeniging in Gauteng aangekeer is, sal Maandag vir die moord op Anette Jooste van Eeden in Graaff-Reinet in die Karoo in die hof verskyn.

’n 48-jarige vrou en 26-jarige man sal na verwagting vir die moord op Van Eeden (59) aangekla word.

Van Eeden se lyk is in Junie langs die N9, net buite Graaff-Reinet in die rigting van Middelburg in die Oos-Kaap, gevind.

Anette Jooste van Eeden Foto: Facebook

Sy het ’n oop wond aan haar kop gehad.

Die polisie het vir bykans ’n week lank gesukkel om haar te identifiseer. Hulle het ook gesê dat haar laaste bekende woonadres in Vereeniging was.

Kapt. Bradley Rawlinson, polisiewoordvoerder, sê die twee verdagtes is Sondag in Vereeniging in hegtenis geneem.

Hy sê die twee sal Maandag elk op ’n aanklag van moord in die landdroshof verskyn.

Die verdagtes se name sal eers ná hul hofverskyning bekend gemaak word.

Meer oor:  Vereeniging  |  Moord  |  Hof  |  Karoo
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.