Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
2 vas wat mediese toerusting by kliniek steel

Twee mans het Maandag in die hof verskyn in verband met diefstal en vandalisme by die Kensington-gemeenskapsentrum in Kaapstad, wat veroorsaak het dat die gesondheidsentrum slegs minimale dienste kan lewer.

Instappasiënte word nou geëvalueer om te kyk hoe ernstig hul toestand is en word sedert verlede naweek, toe die misdaad gepleeg is, na die Maitland-gemeenskaps-dagsentrum en omliggende geriewe verwys.

“Alle elektroniese en mediese toerusting, asook niemediese items is gesteel of beskadig en daarom kan dienste nie optimaal gelewer word nie,” het Monique Johnstone, Wes-Kaapse woordvoerder oor gesondheid, Maandag aan Netwerk24 gesê.

“Ons is diep ontsteld oor die gebrek aan respek wat teenoor die gesondheidsektor gewys word, maar ons het lof vir die polisie se vinnige reaksie om die oortreders op te spoor en om ’n paar van die gesteelde goedere terug te kon vind.”

Ons is diep ontsteld oor die gebrek aan respek wat teenoor die gesondheidsektor gewys word
Monique Johnstone, Wes-Kaapse woordvoerder oor gesondheid

Die totale diefstal en skade beloop sowat R800 000, sê die owerhede.

Die mans van onderskeidelik 33 en 45 is onlangs in hegtenis geneem en word van inbraak op ’n sakeperseel aangekla. Die polisie het op rekenaartoerusting, ’n hartmasjien, houers vol skêre, geheuestokkies en melk beslag gelê toe hulle in hegtenis geneem is, sê kapt. FC van Wyk, polisiewoordvoerder.

Daar is ook op ’n Renault beslag gelê wat gebruik is om die gesteelde goedere mee te vervoer.

Volgens Van Wyk het die twee vermeende misdadigers Maandag in die hof verskyn waar hulle borgtogaansoek misluk het. Dit is nie duidelik wanneer hulle weer in die hof sal verskyn nie.

Vier ander verdagtes is geïdentifiseeren sal in hegtenis geneem word sodra hulle positief met die misdaad verbind word.

Johnstone sê slegs die apteek se eenheid vir chroniese medikasie is tans in bedryf vir pasiënte om hul voorafverpakte medisyne by die lokaal te gaan optel.

“Instandhoudingswerk weens die skade aan infrastruktuur, die evaluering van die items wat gesteel is, ’n berekening van die omvang van die skade, die aankoop van nuwe toerusting en kabels vir inligtingstegnologie en die verkryging van bykomende veiligheid is nou nodig.”

Mediese noodgevalle sal tot verdere kennisgewing na die Vanguard-gesondheidsentrum gestuur word.

Sy bedank die inwoners vir hul geduld en beloof om opvolginligting te verskaf.

Mark van der Heever, provinsiale adjunkdirekteur van kommunikasie oor gesondheid, verwelkom die vinnige optrede van die polisie. Hy versoek ook die inwoners om met die departement saam te werk om na geriewe en toerusting om te sien.

Meer oor:  Kaapstad  |  Kensington  |  Misdaad  |  Diefstal
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.