Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
2 vas wat onwettig rybewyse uitreik

’n Verkeersbeampte en ’n bestuurskooleienaar het Vrydag op aanklagte van korrupsie in die landdroshof in Prieska, in die Noord-Kaap, verskyn.

Een van die mans word in hegtenis geneem. Foto: Verskaf

Selwyn Bosch (46), die beampte, en Paul Faroa (61) is vroeër verlede week aangekeer.

Hulle is op R7 000 borgtog elk vrygelaat.

Die Valke, tesame met ander polisie-eenhede, het die mans ná ’n klopjag in hegtenis geneem.

Nomthandazo Mnisi, Valke-woordvoerder, sê die plaaslike misdaadrekordsentrum en die taktiese reaksie-eenheid was deel van die klopjag.

“Die mans word daarvan verdink dat hulle tussen 2014 en 2017 saamgewerk het om oor naweke, wanneer die kantoor gesluit is, mense na die verkeerskantoor te bring, waar hulle onwettig leerlingrybewyse en rybewyse uitgereik het. Die verdagtes het na bewering omkoopgeld hiervoor ontvang.

“Ons het op etlike bewysstukke, insluitend dokumente, beslag gelê,” sê sy.

Meer oor:  Prieska  |  Noord-Kaap  |  Inhegtenisname
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.