Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
2 vas wat polisieman glo k-woord toesnou

’n Egpaar wat glo ’n polisielid in Ventersdorp se voertuigsleutel gegryp en hom die k-woord toegesnou het, is Donderdag op borgtog van R300 elk vrygelaat.

Brig. Sabata Mokgwabone, polisiewoordvoerder in Noordwes, sê in ’n verklaring Norma Bauer Master (27) en haar man, Johan (41), word van aanranding en crimen injuria aangekla. ’n Volgende hofdatum vir hul verskyning in die landdroshof op die dorp moet nog bepaal word.

Die Master-egpaar is op Oujaarsdag in hegtenis geneem nadat hulle na bewering geweier het om hul beurt in ’n ry af te wag om geld te trek by ’n kitsbank by ’n vulstasie in Ventersdorp. “Lede van die gemeenskap het hulle daaroor vermaan, maar hulle wou nie luister nie. Die polisie is ontbied.”

Mokgwabone sê die twee word daarvan beskuldig dat hulle die sleutel gegryp het van een van die polisievoertuie by ’n lid wat wou ingryp. “Hulle het hom glo die k-woord toegesnou.”

Die Master-egpaar is daarna in hegtenis geneem. “Die polisievoertuig se sleutel is tydens die inhegtenisneming

glo by Norma gevind,” het Mokgwabone gesê.

Lt.genl. Sello Kwena, polisiekommissaris in Noordwes, het gesê die twee se beweerde gedrag het die staat se gesag ondermyn en dat dit nie geduld sal word nie. Sy het die gebeure veroordeel.

Meer oor:  Ventersdorp  |  Crimen Injuria  |  K-Woord
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.