Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
2 vermeende veediewe in hof op Theunissen

Twee vermeende veediewe verskyn volgende week weer in Theunissen in die Vrystaat in die hof nadat hulle en ’n derde man na bewering 114 kalwers van byna R1 miljoen gesteel het.

Johan Cloete de Lange (47) en Martiens Fourie (52) het reeds Maandag op Theunissen in die landdroshof verskyn waar hul verhoor tot volgende Woensdag uitgestel is.

Hulle is steeds in aanhouding en sal met hul volgende hofverskyning na verwagting aansoek doen om borgtog.

Die mans is op Saterdag 8 Desember op die plaas Roodekop in Glen, buite Bloemfontein, in hegtenis geneem nadat die polisie tien vermoedelik gesteelde skape op dié plaas teruggekry het.

Kapt. Malebo Khosana, polisiewoordvoerder, sê die mans het op 29 November vanjaar saam met ’n werker ’n boer in Theunissen oorreed om 114 bonsmara-kalwers aan hulle te verkoop. Hulle het beloof om hom op 3 Desember te betaal, maar dit is nie gedoen nie.

Die waarde van die kalwers is R976 718.

Konst. Moeketsi Pakela van die Theunissen-veediefstaleenheid, by die gesteelde kalwers wat in Tweespruit teruggevind is. Foto: Verskaf

Die derde verdagte, wat steeds op vrye voet is, het die kalwers eers na die Roodekop-plaas in Glen geneem en die eienaar tien kalwers aangebied om die diere daar te stoor. Daarna is die diere na Lesotho, Thaba Nchu en Bloemfontein vervoer.

Volgens Khosana het beamptes van die Bultfontein-veediefstaleenheid inligting opgevolg wat hulle na die Roodekop-plaas gelei het waar hulle op die tien kalwers afgekom het.

Die eienaar kon sy diere uitken en De Lange en Fourie is in hegtenis geneem.

Konst. Serame Moshodi en konst. Moeketsi Pakela het nog 60 gesteelde kalwers op ’n plaas in Tweespruit, tussen Bloemfontein en Ladybrand in die Vrystaat, opgespoor. Dit bring die getal gesteelde kalwers wat teruggevind is, op 70 te staan.

Die ondersoek duur voort.

Meer oor:  Veediefstal  |  Theunissen  |  Misdaad
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.