Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
2 wat glo met vervalste ware werk, vroeg 2020 weer in hof

Die vrou van Oos-Londen wat glo miljoene rande se vals handelsnaamgoedere na Suid-Afrika ingevoer het, was nie Dinsdag in die hof toe haar saak aangehoor is nie.

Adv. Ronel Brink, staatsaanklaer, het aan die hof gesê daar is met die verdediging ooreengekom dat Hangmei Liu nie in die hof teenwoordig hoef te wees nie.

Die polisie het vervalste goedere ter waarde van sowat R48 miljoen by Fong Ming Trading, waarvan Liu die direkteur is, gekonfiskeer.

Die beskuldigde staan tereg op 42 983 aanklagte ingevolge die Wet op Vervalste Goedere.

Die goedere is na bewering in Junie deur die onderneming deur Port Elizabeth se hawe ingevoer.

Dit sluit onder meer horlosies en sonbrille in.

Volgens Brink sal ’n afskrif van die dossier Dinsdag aan adv. Terry Price, Liu se regsverteenwoordiger, gegee word.

Brink het ook reëlings getref sodat daar met die volgende hofverskyning ’n tolk beskikbaar is wat in Mandaryns en Engels kan tolk.

Die hofsaak teen Liu is die tweede van sy soort wat tans by die handelshof in Port Elizabeth aangehoor word.

Chuancai Chen, in sy kapasiteit as direkteur van Juwei Trading (Edms) Bpk, staan tereg op 4 000 aanklagte ingevolge die Wet op Vervalste Goedere.

Chen is van Vredenburg in die Wes-Kaap.

Die staat beweer Chen het 4 000 bottels parfuum ingevoer en voorgegee dat dit Avon-produkte is. Die waarde daarvan is R980 000, aldus die klagstaat.

Liu en Chen kan, indien hulle eerste oortreders is en skuldig bevind word, op elk van die aanklagte ’n boete van nie maar as R5 000 kry nie, of gevangenisstraf van hoogstens drie jaar.

Liu moet weer op 20 Januarie in die hof wees, en Chen op 16 Februarie.

Albei is op waarskuwing vrygelaat.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.