Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
2 wat lieg oor k-woord weer in hof

Vonnisverrigtinge begin Woensdag in die streekhof in Stilfontein in Noordwes teen twee Klerksdorpse polisielede wat in Junie daaraan skuldig bevind is dat hulle ’n kollega valslik daarvan beskuldig het dat sy hulle met die k-woord geskel het.

Adjudant-offisiere Sedisa Tikoe en Chris Mphana is benewens die skuldigbevinding aan crimen injuria skuldig bevind aan regsverydeling en meineed.

Adjudant-offisiere Sedisa Tikoe (links) en Chris Mphana Woensdag in die hof vir die vonnisverrigtinge. Foto: Susan Cilliers

Tikoe is ook aan aanranding skuldig bevind nadat hy lt.kol. Annemarie Oosthuizen, die kollega wat hulle valslik beskuldig het, voor die hofsaak met geweld gedreig het.

Tikoe het sy vinger dreigend na Oosthuizen in haar kantoor geswaai en vir haar gesê dat hy haar sal opf*k.

Oosthuizen het Woensdag voor die hofverrigtinge gesê was dit nie vir ’n vrou wat ’n internskap gedoen het wat vir haar opgekom het nie, sou sy waarskynlik nou haar werk kwyt gewees het weens vals beskuldigings.

Renate Barnard (links), die Solidariteit-beweging se sektorkoördineerder vir die openbare sektor, en lt.kol. Annemarie Oosthuizen, wat valslik beskuldig is, Woensdag by die landdroshof in Stilfontein. Foto: Susan Cilliers

Sy was hoof van die mensehulpbronne-afdeling by die polisie in Klerksdorp toe Tikoe en Mphana in Februarie 2017 die vals klag teen haar ingedien het.

Tiko en Mphana het die vals klag ingedien nadat Oosthuizen ’n tugproses teen die twee skuldiges begin het weens beweerde werkverwante oortredings.

Ao. Chris Mphana, een van die polisielede wat skuldig bevind is aan crimen injuria, Woensdag in die streekhof in Stilfontein. Foto: Susan Cilliers

Oosthuizen is gedurende ’n tugverhoor oor die bewerings onskuldig bevind nadat Elizabeth Sechele, die personeellid wat ’n internskap gedoen het, getuig het sy het gehoor hoe Mphana en Tikoe bespreek dat hulle Oosthuizen valslik wil beskuldig.

Sechele het ook in die strafsaak teen Tikoe en Mphana getuig.

Renate Barnard, die Solidariteit-beweging se sektorkoördineerder vir die openbare sektor wat Oosthuizen deurentyd ondersteun het, sê Sechele se durf wys dat daar mense met integriteit oor alle rasgrense heen is.

Sedisa Tikoe sit Woensdag in die hof nadat hy ’n kollega met geweld gedreig het. Foto: Susan Cilliers

Dirk Hermann, bestuurshoof van Solidariteit, het vroeër gesê Sechele is “die groot held in die saak”.

“Sy het gewys dat geregtigheid nie kleur ken nie. Sy het standpunt ingeneem vir die waarheid ten spyte van intimidasie.”

Kol. Adéle Myburgh, polisiewoordvoerder in Noordwes, het vroeër gesê Tikoe en Mphana werk steeds vir die polisie en dat daar oor tugprosesse teen hulle besluit sal word nadat hulle gevonnis is.

Meer oor:  Chris Mphana  |  Sedisa Tikoe  |  Noordwes  |  Klerksdorp  |  Polisie  |  Hof  |  K-Woord  |  Polisielede  |  Hofverskyning
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.