Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
2 wat Wiese glo vermoor, vra nie borgtog

Die twee mans wat weens die moord op Eric Wiese (80), voormalige finansiële hoof van Naspers, teregstaan, sal oor drie maande weer in die hof verskyn.

Dit kom nadat die saak reeds vir twee maande tot Donderdag uitgestel was om die ondersoek af te handel.

Die twee, Vuyolwethu Mgemane (30) en Nomfundo Mishawu, het Donderdag vlugtig in die landdroshof in Kaapstad verskyn.

Eric Wiese.

Wiese is vermoedelik aangerand en toe verwurg. Die beskuldigdes is glo deur hul vingerafdrukke met die misdaad verbind. Daar was ook ’n selfoon en beeldmateriaal van kringtelevisie wat tot hul inhegtenisneming gelei het.

Wiese se lyk is op 4 Augustus in sy huis in Higgovale, Kaapstad, gevind. Sy selfoon is tot in Guguletu nagespoor waar die beskuldigdes aangekeer is.

Mgemane en Mishawu het by hul vorige verskyning gesê hulle gaan nie om borgtog aansoek doen nie en het aansoek gedoen om regshulp. Hulle word in die Pollsmoor-gevangenis aangehou.

Hulle het Donderdag via satelliet-televisieverbinding vanaf die gevangenis verskyn en die saak is tot 2 Maart 2018 uitgestel.

Meer oor:  Eric Wiese  |  Naspers  |  Moord-Verhoor
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.