Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
2 wat winkel glo beroof, soek borgtog

Twee mans wat glo deel was van ’n groep wat hulself as polisielede voorgedoen en ’n supermark in Stellenbosch beroof het, gaan om borgtog aansoek doen.

Die gesteelde sigarette is in die voertuig gevind. Foto: SAPD

Thando Madela en Sandiso Mxhego het Woensdag op aanklagte van gewapende roof en die besit van ongelisensieerde vuurwapens en ammunisie in die landdroshof verskyn.

Eric Ntabazalila, woordvoerder van die nasionale vervolgingsgesag, het bevestig die saak is tot 7 April uitgestel omdat hulle om borgtog wil aansoek doen.

Die winkel in Birdstraat is op 12 Maart beroof toe ’n groep mans, van wie sommige gewapen en in polisie-uniform geklee was, dit om 08:45 binnegekom het, glo onder die voorwendsel dat hulle na dwelms op soek is.

Die een winkeleienaar het snuf in die neus gekry en hulle uitgevra waarna die eienaars aangerand en die rowers met bokse sigarette en kontant weggejaag het.

Die blitspatrollie het hulle agternagesit en in Mfuleni, ’n informele nedersetting buite Kaapstad, ingehaal.

Benewens die sigarette en kontant het die polisie op drie vuurwapens beslag gelê. Een vuurwapen is in 2018 in Claremont as gesteel aangemeld, luidens ’n verklaring.

Polisiedrag waarop beslag gelê is. Foto: SAPD
Een van die vuurwapens wat in die rooftog gebruik is. Foto: SAPD
Meer oor:  Stellenbosch  |  Borgtog  |  Supermark  |  Rooftog
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.