Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
207 nuwe landdroste meestal vroue

Ronald Lamola, minister van justisie en korrektiewe dienste, gaan 207 nuwe landdroste met ingang van Februarie 2020 aanstel met die fokus daarop om geslagstransformasie te versterk.

In ’n verklaring wat Maandag uitgereik is, sê die departement dat Lamola die aanbevelings deur die komitee oorweeg het wat deur die Landdroskommissie gemaak is en wat in September voorgelê is.

Die onderhoude met die 608 kandidate het tussen 4 Maart en 29 April plaasgevind, sê die departement.

“’n Volledig getransformeerde regbank is ’n grondwetlike noodsaaklikheid. Die nuwe aanstellings wat gedoen is, sal alles doen om seker te maak dat die landdroste verder transformeer om die demografie van die land te weerspieël,” lui die verklaring.

“Meer as die helfte van ons land se bevolking is vroue en daarom is dit belangrik dat die regbank dit weerspieël.”

Die departement sê ook dat vordering oor die laaste twee dekades gemaak is met verwysing na geslagstransformasie.

Voordat die nuwe aanstellings gedoen is, was daar altesaam 758 vroulike landdroste landwyd in Junie.

“Dit is gelyk aan ’n vermeerdering van 166,9% in die getal vroulike landdroste van Desember 1998 tot Junie 2019.”

Die nuwe aanstellings sal transformasie versterk omdat 105 vroulik is, wat die totale getal vroulike landdroste nou op 863 te staan bring uit ’n totaal van 1 803 landdroste, sê die departement.

“Dit beteken dat 47,8% van die landdroste vroulik is. Die vul van die vakante poste is ’n belangrike stap in die bemagtiging van ons juridiese beamptes en ons howe, sodat hulle in staat sal wees om geregtigheid aan almal te bring.”

Meer oor:  Ronald Lamola  |  Hof
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.