Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
Man sit lank nadat hy sussie verkrag, aanrand

’n Man van Despatch in die Oos-Kaap is Maandag tot 25 jaar tronkstraf gevonnis vir die verkragting van en poging tot moord op sy suster, wat toe 15 jaar oud was.

Hy het in die hooggeregshof in Gqeberha (Port Elizabeth) skuld beken.

Kort voordat hy op 12 Julie 2019 die misdade gepleeg het, was hy by vriende wat dwelms gerook het, sê Anelisa Ngcakani, streekwoordvoerder van die nasionale vervolgingsgesag in die Oos-Kaap.

Hy is terug huis toe. Sy ma was by haar werk in Gqeberha en hy was alleen saam met sy sussie.

Hy het aangedring op seks, maar sy het geweier en hy het haar met ’n baksteen geslaan. Ngcakani sê sy het terugbaklei toe hy haar klere afpluk, waarna hy haar weer met die baksteen in die gesig geslaan het.

Hy het haar tydens die verkragting aanhoudend met die baksteen geslaan en sy het hom in die gesig gekrap.

Volgens Ngcakani het hy haar met ’n mes in die maag gesteek nadat hy haar verkrag het en toe bewusteloos en alleen in die huis agtergelaat.

“Die 21-jarige man is op 5 November 2019 aangekeer en is sedertdien in polisieaanhouding.” News24

Meer oor:  Aanranding  |  Verkragting
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.