Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
25 j. vir moord op ‘pannekoek-tannie’

Een van die mans wat Bloemfontein se “pannekoektannie” vermoor het, is in die hooggeregshof tot 25 jaar tronkstraf gevonnis.

Sy het in haar brandende huis op die Martindale-hoewes by die stad doodgebrand.

Hy het geweet Anna Herbst (66) is vasgebind en dat die brand in die huis haar waarskynlik sal doodmaak, sê Lehlenolo Gift Hans (19) in ’n pleitverduideliking waarin hy Maandag voor regter Fouché Jordaan beken het dat hy haar vermoor het.

Lehlenolo Gift Hans Foto: Mike van Rooyen

Hy het op 5 Julie 2019 die huis in Spruitstraat aan die brand gesteek.

Hans is in ’n vonnisooreenkoms met die staat tot 12 jaar tronkstraf op ’n aanklag van roof met verswarende omstandighede, vyf jaar vir brandstigting en 25 jaar vir moord gevonnis. Hy sal die vonnisse samelopend uitdien.

Sy twee medebeskuldigdes, Thabo Ntholeng (20) en Mpho Mateu (19), moet in Oktober in die hooggeregshof verskyn.

Herbst, wat elke week van Donderdag tot Saterdag pannekoek by die D&J Vleis-slaghuis in Genl. De Wet verkoop het, was baie bekend onder die inwoners in Bloemfontein en het as die “pannekoektannie” bekend gestaan. Sy het vroeër ook by Pick ’n Pay in Fleurdal pannekoeke verkoop.

Hans sê in sy pleitverduideliking hoe die ander twee by hom aangekom het en gesê het hulle het ’n plan om vinnig geld te kry. Ntholeng weet van ’n vrou wat alleen woon en by wie voorheen ingebreek is. Die inbrekers is nog nie gevang nie.

By die huis het hulle haar gesien waar sy na die kragmeterboks loop omdat die krag af was. Hulle is agter haar aan na die huis, waar hulle in haar motor geskuil het.

In die motor het hule ’n emmer vol geld gekry. Daar was sowat R4 000. Hulle het dit gevat en is in die huis in. Sy was aan die slaap.

Hulle het haar wakker gemaak en nog geld gesoek. Hulle het haar hande en voete vasgebind en die huis deursoek.

Die res het ons gebruik om drank te koop en ons in tavernes te geniet.

“Dit was toe dat ek ’n aansteker wat ek in die motor gekry het vat en die huis aan die brand steek. Thabo en Mpho het buite vir my gewag. Ons het die ou vrou in die huis gelos en is daar weg. Ek het geweet sy is vasgebind en dat die brand in die huis haar waarskynlik sal doodmaak.”

Hulle het van die geld gebruik om nuwe klere te koop.

“Die res het ons gebruik om drank te koop en ons in tavernes te geniet.”

Adv. Antoinette Ferreira het aangekla. Peter van der Merwe het vir Hans opgetree.

Meer oor:  Anna Herbst  |  Pannekoek-Tannie  |  Lehlenolo Gift Hans  |  Moord
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.