Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
26-bendelid in hof ná moord op verkeersman

Die saak teen ’n taxibestuurder wat na bewering Dinsdag vir Walton van Rooyen (49), ’n verkeersbeampte, in Kensington doodgeskiet het, is Donderdag in die landdroshof in Kaapstad tot 30 Maart vir ’n borgtogaansoek uitgestel.

Craig de Lilly (36) het Donderdag in die landdroshof in Kaapstad op ’n aanklag van moord verskyn. Foto: Verskaf

Craig de Lilly (36), ’n 26-bendelid van Lugmaglaan, Factreton, is Woensdag deur metropolisiebeamptes verbonde aan die Kaapstad-metroraad in hegtenis geneem.

Dinsdag is berig dat Van Rooyen nog in sy diensvoertuig gesit het toe hy vermoedelik deur ’n taxibestuurder, wat hy vir ’n verkeersoortreding afgetrek het, doodgeskiet is.

Hy is met sy eie dienspistool een keer in die bors geskiet en is in sy voertuig dood.

Die voorval het in Acreweg, Kensington, plaasgevind.

’n Bron met kennis van die ondersoek het Dinsdag gesê hulle vermoed dat die taxibestuurder na Van Rooyen gegaan het en deur die oop venster met hom (Van Rooyen) gestoei het.

“Hy (die taxibestuurder) het op ’n manier daarin geslaag om die verkeersbeampte se dienspistool uit sy holster te kry en het hom in die bors geskiet.”

Die staat het besluit om nie ’n tweede man wat in hegtenis geneem is, te vervolg nie.

Meer oor:  Kensington  |  Moord  |  Verkeersman
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.