Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
280 moorde, 0 skuldig bevind

Van die 280 moordsake wat in 2018 by die Hammanskraal-polisiekantoor aangemeld is, het net vyf dit tot in die hof gemaak en daar was nie een skuldigbevinding nie.

Bheki Cele, minister van polisie, het hierdie syfers bevestig toe Michael Shackleton, DA-LP vir Hammanskraal, hom in die parlement hieroor uitgevra het.

Bheki Cele, minister van polisie. Foto: Adrian de Kock

“Die mense van Hammanskraal is nie veilig onder ANC- bewind nie,” sê Shackleton.

“Daar is baie korrupsie in die polisiediens wat bydra tot die probleem.

“Daar is ook chroniese leemtes wat betref opleiding, te min personeel en te min hulpbronne.

“Dit bemoeilik die polisie se werk.”

Die syfers vir 2017 lyk net so beroerd, met 263 moordsake wat by die Hammanskraal-polisiekantoor aangemeld is, agt sake wat hof toe is en ook geen skuldigbevindings nie.

Wat ander misdaad betref, vaar die Hammanskraal-polisiekantoor nie juis beter nie.

270 motorkapings is in 2017 aangemeld en in 2018 was die syfer 283. Nie een van hierdie sake het dit tot in die hof gemaak nie.

Aangemelde motordiefstalle, huisrooftogte en huisbrake is aansienlik minder as moordsake en motorkapings, maar met die uitsondering van drie skuldigbevindings in 2017 en twee in 2018 vir huisbrake was daar geen ander skuldigbevindings vir hierdie aangemelde sake nie.

“Die VF Plus neem met skok kennis van die vervolgingsresultate van die Hammanskraal-polisiekantoor,” sê Awie Erasmus, VF Plus-raadslid.

Die VF Plus neem met skok kennis van die vervolgingsresultate van die Hammanskraal-polisiekantoor.

“Daar moet gekyk word of die rede vir die swak prestasie onbevoegdheid is en of daar ’n gebrek aan wil is om op te tree en misdaad met erns te bekamp.

“Die swak diens is nie net ’n skande vir die polisiediens nie, maar dui ook op oneerbiedigheid teenoor die slagoffers van misdaad, hul naasbestaandes en die publiek.”

Shackleton het Cele ook oor misdaadsyfers in Temba uitgevra. Hier was daar een skuldigbevinding in onderskeidelik 2017 en 2018 vir motordiefstal. Meer as 250 motordiefstal-sake is in die twee jaar by die Temba-polisiekantoor aangemeld.

Volgens die amptelike misdaadsyfers vir April 2017 tot Maart 2018 is Temba onder die voorste 30 polisiekantore landwyd met die hoogste aangemelde misdaadsyfers in 12 kategorieë.

Dit sluit onder meer verkragtings, huisrooftogte en aanrandings in.

Inderwaarheid val Temba on- der die voorste vyf in drie kategorieë.

Die enigste ligpunt is dat die aangemelde gevalle in die meeste afdelings minder is as in die vorige jaar.

“Wat alle kategorieë aanbetref, het die polisie te min kapasiteit om misdaad te identifiseer en om by skuldigbevindings uit te kom,” sê Shackleton.

Die polisie het nog nie kommentaar gelewer nie.

Misdaad
Misdaad
Meer oor:  Anc  |  Bheki Cele  |  Hammanskraal
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.