Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
3 aanklagte teen Spoor

Die menseregteprokureur Richard Spoor het gisteroggend vlugtig in die landdroshof in Bizana in die Oos-Kaap verskyn nadat hy Sondag in hegtenis geneem is by ’n vergadering oor beoogde mynbou in die duine van Xolobeni.

Gwede Mantashe, minister van minerale bronne, het die inwoners daaroor toegespreek toe die vergadering in ’n chaos ontaard het.

Richard Spoor

Spoor het die Amadiba-gemeenskap op die vergadering verteenwoordig waar Mantashe gepraat het oor die Australiese mynhuis wat al langer as tien jaar titaan in die duine aan die Wildekus probeer myn.

Die gemeenskap is hewig gekant teen die mynbou en is in ’n regstryd met die betrokke departemente gewikkel.

Spoor het in die hof verskyn op aanklag van aanhitsing tot openbare geweld. Hy het kort ná sy verskyning gesê twee aanklagte, dié van aanranding en die verontagsaming van ’n wettige opdrag, is by die oorspronklike aanklag gevoeg.

Hy is op waarskuwing vrygelaat en moet weer op 25 Oktober in die hof verskyn.

Amnestie Internasionaal Suid-Afrika (AI) het gister gesê die polisie moet die gebeure onmiddellik ondersoek.

“Die gebruik van buitengewone polisiegeweld in protes teen mynbou is onhoudbaar.”

AI het gereageer nadat dié nie-regeringsorganisasie videomateriaal en verslae van ooggetuies ontvang het van gebeure by die vergadering. Die video’s en verslae dui daarop dat die polisie traangas en skokgranate gebruik het om die mense uiteen te jaag.

Van die mense is glo ook met die dood gedreig.

Shenilla Mohamed, uitvoerende direkteur van AI, sê: “Dit is onaanvaarbaar dat die SAPD hulle tot geweld gewend het om mense wat vreedsaam betoog het uiteen te jaag.

“Die polisie moet onthou dat gemeenskappe die reg het om vreedsaam te vergader. Ons moet nie die tragedie van Marikana in 2012 en die gevolge daarvan vergeet nie.

Sikhosiphi Bazooka Rhadebe (49), destydse voorsitter van die komitee, is op 22 Maart 2016 doodgeskiet. Niemand is nog in hegtenis geneem daaroor nie.

“Die videomateriaal wat ons gesien het, is skokkend en dit lyk asof die polisie buitengewone geweld gebruik het om die gemeenskap uiteen te jaag en hulle te verhinder om die vergadering met die departement van minerale bronne oor die voorgenome titaanmynbou by te woon.”

Volgens Mohamed is die vergadering spesifiek belê om na die gemeenskap te luister.

Die feit dat gemeenskapslede verhinder is om die vergadering by te woon en dus nie aan die openbare deelnameproses kon deelneem nie, is ’n skending van verskeie van hul regte, het Mohamed gesê.

“Wat Sondag by Xolobeni gebeur het, moet ondersoek word en diegene wat vir die menseregteskendings verantwoordelik is, moet voor die gereg gedaag word.

“AI neem voorts kennis van die feit dat die menseregteprokureur en aktivis Richard Spoor in hegtenis geneem en aangekla is. Spoor verteenwoordig die geraakte gemeenskap. Ons vra dus dat alle aanklagte teen hom onmiddellik laat vaar word.”

AI sê hy het die videomate­riaal by die Amadiba-krisiskomitee gekry. Sommige van die komiteelede moes na ’n hospitaal gebring word om hul beserings te behandel.

Die krisiskomitee is in 2007 gestig deur ’n groep inwoners van Xolobeni in Pondoland om te veg vir die behoud van hul sandduine en om hul stem dik te maak teen die bedreiging van titaanmynbou. As die mynbou voortgaan, sal sowat 5 000 mense van hul grond verskuif moet word.

Sikhosiphi Bazooka Rhadebe (49), destydse voorsitter van die komitee, is op 22 Maart 2016 doodgeskiet. Niemand is nog in hegtenis geneem daaroor nie.

Meer oor:  Richard Spoor  |  Gwede Mantashe  |  Oos-Kaap  |  Xolobeni  |  Mynbou
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.