Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
3 boeties se verkragter lank tronk toe

Die dag toe hul ma se (nou gewese) kêrel daaraan skuldig bevind is dat hy hulle verkrag en seksueel aangerand het, kon drie boeties se genesing uiteindelik begin.

“Hulle het gevoel hulle word (nou) geglo,” het die seuns se pa die week in ’n voorvonnisverslag aan die landdroshof in Pretoria vertel.

Landdros Mariette Louw het die 40-jarige gewese kêrel twee maal tot lewenslange tronkstraf gevonnis op die twee aanklagte van anale en orale verkragting van die een seun, sowel as nog vyf jaar gevangenisstraf op elk van die twee aanklagte van seksuele aanranding op sy boeties.

Die voorvalle het van 2012 tot 2014 gebeur. Die jongste seun was toe ses jaar oud, terwyl sy boeties onderskeidelik 11 jaar en 13 jaar oud was.

Jy het ’n baie goeie verhouding met die seuns gehad en getuies het in die hof gesê as iets sou gebeur het, sou jy nie aanvanklik verdink word nie omdat jy ’n vaderfiguur vir hulle was.
Landdros Mariette Louw

Luidens die voorvonnisverslag het die seuns aanvanklik nie die voorvalle aangemeld nie omdat dit gebeur het as die beskuldigde met hulle speel en “die mooi gedoen het”, wat dui op seksuele voorbereiding.

Die kinders sê hulle het wel hul ma hiervan vertel, maar sy het hulle nie geglo nie. Die misdrywe het eers aan die lig gekom toe die jongste seun sy ouma aan vaderskant vertel het. Die saak is aangemeld en die seuns is in hul pa en sy vrou se sorg geplaas.

Die seuns het sowat ’n jaar lank berading ontvang.

Die pa sê in die verslag hy het hard baklei om toesig oor sy seuns te kry, en dit is jammer dat hulle seksueel aangerand en verkrag moes word voordat dit gebeur het.

“My kinders wou die heeltyd weet wanneer die hofsaak sou klaarmaak sodat hulle met hul lewe kon aangaan. Hul genesing het begin toe die beskuldigde skuldig bevind is, want toe voel die kinders hulle word geglo.”

Die kêrel hou in sy voorvonnisverslag vol hy is onskuldig en dat hy valslik beskuldig is omdat “hulle” die kinders van hom wou wegneem. Hy het baie blootgestel gevoel en die verhoor as ’n straf ervaar.

Sy depressie en angsaanvalle het in die tyd toegeneem, het die hof gehoor.

'Die slagoffers was klein seuntjies – hulpeloos en weerloos,' het Louw gesê voordat sy hom gevonnis het.

Sy vonnisoplegging moes juis ’n paar maal uitgestel word omdat die beskuldigde, wat op borgtog was, telkens net voor die volgende hofdatum opgeneem is vir depressie of ’n senu-ineenstorting.

Toe dit verlede maand weer gebeur, het die landdros summier ’n lasbrief vir sy inhegtenisneming uitgereik.

Die vonnisoplegging is verlede Vrydag weer uitgestel omdat die beskuldigde homself toe weer by die Steve Biko-hospitaal laat opneem het.

Hy is Maandag met sy ontslag, soos hy uit die hospitaal gestap het, deur die polisie ingewag en in hegtenis geneem sodat vonnisverrigtinge die week kon voortgaan.

Louw het tydens vonnisoplegging na al die verslae verwys en aan die beskuldigde gesê: “Jy het ’n baie goeie verhouding met die seuns gehad en getuies het in die hof gesê as iets sou gebeur het, sou jy nie aanvanklik verdink word nie omdat jy ’n vaderfiguur vir hulle was. Jy was dus in ’n vertrouensverhouding met die kinders, wat jy misbruik het.”

Sy het gesê die beskuldige toon geen berou nie.

“Die slagoffers was klein seuntjies – hulpeloos en weerloos,” het Louw gesê voordat sy hom gevonnis het.

Die vier vonnisse sal samelopend uitgedien word. Die beskuldigde is ook onbevoeg verklaar om ’n vuurwapen te besit en sy naam is in die register vir seksuele oortreders opgeteken.

  • Sy naam word weerhou om die slagoffers, sowel as sy eie minderjarige dogter, se identiteit te beskerm.
Meer oor:  Pretoria  |  Verkragter  |  Vonnisoplegging
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.