Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
3 gevang ná moord op sepie-ster
Thandeka Mdeliswa.Foto: Daily Sun

Die polisie in Mpumalanga het drie mense in hegtenis geneem in verband met die moord op die sepie-ster Thandeka Mdeliswa.

Brig. Leonard Hlathi, polisiewoordvoerder in Mpumalanga, sê ’n 27-jarige man is Vrydag in hegtenis geneem weens die moord op die 34-jarige aktrise. Sy is geskiet tydens ’n rusie op 3 September in haar woonplek in Evander en is twee dae later in die Steve Biko-hospitaal in Pretoria dood.

Twee ander mense is ook in hegtenis geneem in verband met die onwettige besit van ’n vuurwapen wat vermoedelik in die moord gebruik is.

Hlathi sê Mdeliswa het die dag van die voorval blykbaar gehoor daar is ’n onderonsie tussen haar broer en twee mans. “Toe sy gaan kyk wat aangaan, het een van die mans glo ’n vuurwapen by sy vriend gegryp en haar geskiet.”

Die twee mans het toe na bewering gevlug. Die polisie en mediese personeel is dadelik na die toneel ontbied.

Sy het die rol van Khanya Hlophe in die sepie Ikani op SABC1 vertolk.

Die drie verdagtes verskyn Maandag in die landdroshof in Evander.

Lt.genl. Mondli Zuma, polisiekommissaris in Limpopo, het die inhegtenisnemings verwelkom. “Ons hoop dit bring vertroosting en afsluiting vir die familie.”

Meer oor:  Thandeka Mdeliswa
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.