Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Hof
3 groot sake hervat Maandag in Kaapse howe

Drie groot sake hervat Maandag in die Kaapse howe.

Jolene Alterskye

Jolene Alterskye
Jolene Alterskye Foto: Facebook

Die verhoor van die veroordeelde moordenaar Jason Rohde se voormalige vriendin, Jolene Alterskye, is tot Maandag in die Kaapse landdroshof uitgestel.

Alterskye word van crimen injuria aangekla vir aanmerkings wat sy op sosiale media gemaak het oor die regter wat Rohde in Februarie verlede jaar tot 20 jaar gevangenisstraf gevonnis het vir die moord op sy vrou, Susan, asook die speurders wat die saak ondersoek het. Rohde is in Desember verlede jaar vrygelaat op borgtog met streng voorwaardes nadat die appèlhof in Bloemfontein vroeër toestemming gegee het dat hy teen sy vonnis mag appelleer.

Meghan Cremer

Meghan Cremer
Meghan Cremer Foto: Verskaf

Die drie beskuldigdes in die moord op die perderuiter Meghan Cremer – Jeremy Sias (27, Charles Daniels (38) en Shiraaz Jeftha (34) – verskyn Maandag in die landdroshof in Athlone.

Sias staan tereg op aanklagte van moord, roof met verswarende omstandighede, motordiefstal en regsverydeling. Die ander twee staan tereg op aanklagte van motordiefstal en regsverydeling. Hulle is vroeër borgtog geweier.

Sias het Cremer na bewering op 3 Augustus 2019 vermoor. Sy is op 4 Augustus as vermis aangemeld. Sias het as ’n staljong gewerk op die Vaderlandsche Rietvlei-perdeplaas in Philippi waar Cremer gewoon het.

Haar lyk is op 8 Augustus in ’n sandmyn gevind en haar motor in die besit van Daniels en Jeftha. Die staat het vroeër onder meer aan die hof gesê daar is by Sias se huis beslag gelê op twee selfone en ’n handsak wat as Cremer s’n geïdentifiseer is.

Karabo Tau 
Karabo Tau
Karabo Tau Foto: Verskaf

Karabo Tau (18), voorheen ’n leerling aan die Claremont High School in Kaapstad, verskyn Maandag in die landdroshof in Bellville op ’n aanklag van ontvoering.

Sy het na bewering die twee maande oue Kwahlelwa Tiane, een van ’n tweeling, op 15 Januarie uit sy ma se sorg gesteel. Die baba is nog nie gevind nie. Tau bly in aanhouding.

Meer oor:  Jolene Alterskye  |  Meghan Cremer  |  Karabo Tau  |  Kaapstad  |  Hofsake
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.